in die lewenskroeg
met jou stem kan jy my aanraak
met jou stilte maak jy my liefde staak
warm winde wat deur ons waai
voor die storm wat gaan koning kraai
met jou arms wykend om my
met jou fluistering vergete en verby
branders wat ons uitspoeg
sal jy my vind in die lewenskroeg
© Trapsoetjie
:hello2: Pragtig Trappies! Ek sal graag wil begin koukus oor wat jy in die boek wil plaas.