Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Trappies se plek => Topic started by: Trapsoetjie on July 15, 2011, 11:20:49 AM
-
perfekte voorgee
…het ‘n pyn wat nie wil beswyk
‘n pil kan hom nie stil
rukwinde skeur deur openinge
donkerwolke wat deur die gaatjies kyk
glasstukke wat in my ore gil
…met ‘n glimlag, alle oë bereik!
© Trapsoetjie
-
Baie goed gedoen Trappies. :love7:
As ek hierdie gedig ontleed sien ek iemand wat 'n woeste storm van binne ervaar, maar te midde van dit, met 'n glimlag, sonder dat die ander dit agterkom, die wêreld in die oë kyk. As jy bedoel dat jy tot die mense deurdring, dan moet dit "bereik" wees. Help my asseblief as ek verkeerd is.
-
Dis reg baie dankie PM dis wat ek wou "bereik" :icon_biggrin: O ja en jy het hom regopgesom.
:angel12:
-
Met groot liefde en plesier! :love7: