Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on July 14, 2011, 08:58:14 PM

Title: hoe groot is leeus
Post by: Lox on July 14, 2011, 08:58:14 PM
ek het hierdie op e pos gekry met die opskrif:
weet jy hoe groot leeus werklik is............. so groot

ek ken nie die omgewing nie maar iemand wat ek ken reken dit kan krugersdorp se leeupark wees. dis mos hoeka daardie plek se leeus wat rubber tekort het?


(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image001.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image002.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image003.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image004.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image005.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image006.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image007.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image008.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image009.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image010.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image011.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image012.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image013.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/leeus%20krugersdorp/image014.jpg)


ons was in suidwes op 'n wild plaas en die een aand gaan kyk hoe word die leeus gevoer

daai leeu se voorbeen lyk so dik soos die srpingbok wat hulle gevoer is se nek, ja ek kan glo hy kan seermaak

het fotos gesien wat leeu 'n landrover aangeval het en sy naels het mote in die bakwerk gemaak


kyk hier hoe groot is die ou se voorpoot in vergelyking met my hand

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2015/486leeupoot.jpg)
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: PM on July 15, 2011, 08:15:30 AM
Dit is werklik  grooooot!
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Meraai vannie Baai on July 15, 2011, 09:04:19 AM
'n Familielid van ons in SA, het 'n plaas waar hulle teel met leeus en ek het gevoel daardie draad tussen ons, is NIE genoeg om my veilig te laat voel nie!! Een van die groot menere het homself (per ongeluk) opgehang toe hy van 'n tak afgeval het. Hartseer genoeg kon die ou grote nie betyds gered word nie en pronk nou grillerig opgestop, in hulle huis!
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Chichi on August 11, 2011, 10:37:02 PM
indien daai wel Krugersdorp leeupark is, is dit net hier om die draai van my!  En ek het ook al gesien hulle is baie lief vir bande kou, so dit kan hulle wees!  Daai katjie is darem maar mooi! Bietjie te groot om huistoe te bring, maar dink net hoe lekker drukkies kan hy gee!
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: PM on August 15, 2011, 05:01:40 PM
Oeps!  Ek is bekommerd oor die "love bites".  So 'n katjie sal 'n mens ook uit die huis uit vreet. 
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Chichi on August 15, 2011, 07:17:39 PM
love bites is altyd lekker, net nie as daar te veel tande betrokke is nie, so jy moet die ou diertjie maar net reg leer!  Jip baie, wonder of hulle kat kos sal eet....?  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: PM on August 16, 2011, 08:14:59 AM
Natuurlik, hulle is dan katte.   :evil6:
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Lox on August 17, 2011, 03:32:11 AM
hulle tande en kake is so sterk jy hoef dalk nie eers die blikke katkos oop te sny nie hulle kou dit sommer oop.

sjoe mens sal darem baie blikke moet koop vir so pens vol maak
ek het in grootfontein omgewing 'n mak leeu op 'n plaas ontmoet en hy vreet elke 2 de dag so 25 kg vleis.
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Angelica on August 17, 2011, 06:47:19 AM
Sjoe, hierdie ouens, en vrouens, is vrek groot. Seker omdat hulle so 'n lekker lewe het.
Dit fassineer my hoeveel leeus vir die rubber aan voertuie gaan.
Kan enigeen vir my se hoekom dit is?
Wat is in rubber wat hulle in die eerste plek aantrek om te toets?
En dit kom byna oral voor dat hulle na 'n band sal loop...
Ek wonder of daar 'n reuk in die rubber is wat hulle iets in die veld mee identifiseer?
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Lox on August 17, 2011, 06:58:11 AM
is seker maar sy kat bloed wat hom laat speel met enigiets en die rubber wat anders lyk as als wat hy sien.
maar die regte antw het ek nie.
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: PM on August 17, 2011, 08:43:26 AM
My sin vir humor kry my nou weer onder.  Wat is die verskil tussen 'n kat en 'n hond?
Die kat kou dit, die hond lig sy been daarteen.   :evil6:
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Lox on August 17, 2011, 10:44:40 AM
Ja PM laat jy my nou hardop smile
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: PM on August 17, 2011, 04:51:48 PM
 :toothy4:  'n Hardop smaailtjie is altyd welkom nĂȘ!
Title: Re: hoe groot is leeus
Post by: Chichi on August 18, 2011, 01:01:55 AM
Sjoe! wel ek moet se ek dink hulle kou die rubber net soos hondjies slippers kou of katte hout byt.  Dits die tekstuur, en net soos jy soms 'n lus ontwikkel vir bietjie kougom of jelly swieties, net so doen hulle ook.  Ek dink dit is dieselfde instink wat in 'n dier opskop wat se: mmm dit ruik soos 'n lekker band, ek is seker hy gaan my tande mooi borsel'. 

En ek het al gesien hulle voer vir jagluiperds, iams, of watookal die regte naam is vir daai pille. hehe