Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on July 14, 2011, 08:50:58 PM
-
ek het by peet my kreefduik maat gaan slaap op Bettysbaai.
woensdag oggend vroeg is ek en hy deur gansbaai toe om te gaan haaihokduik
eintlik is dit nie haaihok nie maar menshok want die mense is binne in en haai buite
die oranje boot is die een waarmee ons see toe is
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/verjaardag%2050/07oranjeboot.jpg)
daar is heelwat mense en bote wat daai haaihok duike doen
hier is een moewiese boot
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/verjaardag%2050/08grootboot.jpg)
dis die aas vir die haaie
stukke tuna en vis olie in die water
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/verjaardag%2050/09aas.jpg)
daar klim 5 mense gelyk in die hok en dan lok hulle die haai nader
soms draai hy teen die hok
die haaie wat ons gesien het was so 2 tot 3,5 meter
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/verjaardag%2050/10haaibyhok.jpg)
ek en malherbe het in die akwaruim gaan duik so 3 jaar gelede
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/scuba%20onderwater/IMG_2219.jpg)
en die ou afgeneem toe hy so 1,5 meter van my verby geswem het
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/scuba%20onderwater/IMG_2215.jpg)
en hiers een van sy 4 ander pelle
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/scuba%20onderwater/IMG_2231.jpg)
die adrenalien het die vlg dag nog lekker gepomp