Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on July 13, 2011, 07:13:32 PM

Title: botswana - dooievlei 16 B
Post by: Lox on July 13, 2011, 07:13:32 PM
Ek sou graag tot oorkant wou stap maar dit het te warm geraak. Ons het elkeen 1 liter koeldrank (energade) gedrink en ek het gevoel dat 1liter te min is maar nou ja dit moes ek al by die bakkie besef het. Toe smag ek darm na ‘n koue bier.

Hier het ons weer die eerste duintjie uitgeklim op pad terug. Ek is toe baie bly dat ek my sandale saam gedra het. Die wit klei van die dooievlei was nie juis warm nie maar toe ek die duin uitklim besef ek trek maar sandale aan anders gaan my voetsole gaar en vol blase wees. Ek het ook probeer hardloop maar dit werk ook nie die voete bly te lank op die sand en koel nie die tydjie in die lug genoeg af nie.

Die vooruitsig was darm dat die bakkie met lekker koue goed onder daardie bome daar voor staan en wag.
531

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/531sossusvleibome.jpg)

Toe ons oor die duin stap was hierdie 4 van Duitsland oppad dooievlei toe. Ek is toe net dankbaar dat ons al oppad terug bakkie toe is.

532

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/532mense.jpg)

So laaste kyk weer na dooievlei.
533
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/533laastekyk.jpg)

Die 4 duisters op die duintjie waaroor jy moet klim om die vlei te sien
534
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/534menseopduin.jpg)

Die lafenis was heerlik. Koue bier het lanklaas so lekker gesmaak.
535
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/535lafenis.jpg)


Die volgende paar fotos is by Sossusvlei geneem.
537 tot 541
(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/536sossusbome.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/537sossusbome.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/538groenbome.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/5393man.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/540.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%2016/541.jpg)