Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Stof on July 11, 2011, 08:24:09 AM
-
Vanoggend het Stof 'n afspraak wat hy al amper vier jaar voor wag. Die legger het 'n paar keer "weggeraak", dan weer misterieus verskyn, en net voor die prosedure tot 'n punt kom, gewoonlik weer voete gekry. Hierdie keer het Stof guns gevind en is voorsien dat niks weg is nie. As alles goed gaan, is nog een van sy papiere in plek. Sal my forummaatjies vandag saam met my in gees daar wees?
En sodra dit afgehandel is, word meer detail met dankbaarheid gedeel.
-
Ek hou al my duime vir jou vas Stoffie, mag die saak spoedig afgehandel word. :love7:
-
Psssss, Stof, kyk so bietjie op jou linker skouer....
ek is daar hoor... :angel12:
Sien jy my...dis okay ek is daar,
laat hulle nou net moeilik raak dan haal ek my "horinkies" uit
en hulle sal alles doen soos dit hoor. :icon_biggrin:
~Sterkte~
:angel12:
-
Alles het goed verloop. Stoffie moet nou net sy eksamen slaag dan kan hy doen wat hy graag wil doen. :icon_biggrin: en dit kan hy self kom vertel.
-
Om die konteks hiervan te verstaan, moet jy eers na die verhaal van Stof se dood gaan luister.
http://www.stof.co.za/spook.htm (http://www.stof.co.za/spook.htm)
Daarna sal jy verstaan dat die oomblik as iemand afsterwe, verloor hy bepaalde kwalifikasies en outoriteite.
So het dit ook gegaan met Stof se huwelikslisensie. Skielik kon 'n dooie man nie meer ander se huwelike staatkundig vasmaak nie.
Die afsterwe is al opgelos in Desember 2008. Maar van die res van die kwalifikasies, is nog steeds 'n paar soek. Vandag het die "hoofkantoor", bestaande uit engelsmanne en xhosas, uiteindelik 'n uitreiking gedoen wat dit nou moontlik maak dat Stof baie binnekort net die aanvullende eksamen oor die wetswysigings moet afle, dan het hy sy papiere terug. Maar beter nog, alle korrespondensie gaan nou na Akasia kantoor, waar daar hoofsaaklik boertjies, Sotho's en Tswanas werk. En dis seker al algemene kennis, met 'n Sotho en 'n Tswana mens, kom 'n mens baie verder as met 'n xhosa. Al die papier en nuwe wette is nou in Stof se hande. Hy moet net, sodra hy gereed is, Akasia laat weet, dan doen hy die ekstra eksamen, en daarna kan hy weer al sy pligte nakom. Sou iemand dus 'n permit benodig om 'n medemens wettiglik op hok te mag hou, sou Stof dus daarna weer die vonnis kon vel...
Nou vra Stof net elkeen se saamstem oor die saak, dat die laaste myl wel sal gaan.
-
Genade Stof dit klink asof jy deur diepe diepe waters moes wandel! Bly om te verneem dat dat jy darem nou weer as't ware amper aan wal is!
-
:hello:
Ek hoop dit het baie goed gegaan.
-
Hier kom ons twee ook aan met net die beste wense, dat alles voorspoedig sal verloop matertjie. Dat jy weer siele kan verbind in die eg :notworthy:
-
Stof se vraestel word nou gemerk. Die eerste uitslag was 78% Ek hoop die ander s'n is effens hogerer! :icon_biggrin:
Kom vertel Stof, ons wag!
-
Moed hou mense, julle wat so troulustig is. My afspraak is versoek word nog verwerk. Ek sal D.V. in Volgende week week wanneer die gegriffltjie gebeur. En eers daarna, kan julle kom vra vir lisensies om julle gades wettiglik op hok te hou!
Maar dis nie meer lank nie. Net om die draai.
Dan wil Stof ook, in dieselfde asem, weer die volgende stelling toets by die forumdieretuin:
Die kerk, wat God as hoogste gesag erken, aanvaar slegs 'n ateistiese staat se vorm van huwelik as heilig...
Dink daaroor, en gesels saam.
-
ek weet van een of twee huwelike wat voltrek is net met die kerkseremonie, sonder dat die lands-wetregister geteken is. maar ek weet nog steeds nie of enige kerk dit as algemeen "getroud" aanvaar as dit so gedoen word nie. vir my is dit egter "meer" getroud as voor die landdros of binnelandse sake.
:grommit:
-
Ja Stof dis nogal 'n interessante observasie. Die kerk moet hom seker aan die llandsweete gehoorsaam hou. Gee die Keiser wat hom toekom en al daai goed.
Op die onderwerp van trou: Die gesegde lui dat trou nie perdekoop is nie. Die vet weet skei beslis ook nie.