Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Stof on July 09, 2011, 05:32:14 PM
-
Stof sit nou so en kuier bietjie digitaal met 'n paar omgeevriende. Twee van hulle, een 'n teatereienaar en die ander 'n musiekwinkel eienaar, stuur toe vir hom die mooiste komplimente wat deur 'n familielid van Stof aan hulle gestuur is. En vertel vir Stof dat hulle hom sowaar nog wil ken nadat hulle hierdie besondere woorde onder oe gehad het.
Stof beskou dit as 'n reuse kompliment dat iemand so baie vir hom omgee dat hy sowaar gaan opsoek waar Stof oral digitaal besig is. En dan nog 'n individueel voorbereide epos aan elk van hierdie belange stuur om hulle bietjie op te voed...
Dit mag dus moontlik wees dat van die forumiete wat skakels op Stof se webwerwe het, ook sulke besonder bedagsame eposse ontvang. Ons sal maar met Bestuur moet raadpleeg oor of ons dalk die gemiddelde strekking daarvan in ons geliefde Forum se humorkolom moet plaas. Sou sy instem, kan Stof haar voorsien van die eposse wat seker nou al die wereldwye web vol rondvlieg. Jy weet, net om die res van die forumlede se opvoeding mooi op datum te kry dat hulle nie dalk in 'n publieke verleentheid kom nie.
Aan die besondere familielid, ek weet jy gaan weer kom snuffel op die werwe waar jy my oral opgespoor het. Dan hoop ek jy kom op hierdie inskrywing af. Daarom dan, my opregte waardering dat jy my kosbare vriende so hoog ag, dat jy dit jou plig ag om hulle publieke beeld te beskerm. Dit vertel my, jy is 'n ware heer. Ek is soooooo trots om sekere gene met jou te kan deel!
-
Skuus dat ek nou eers lees, maar PM was 'n bietjie omgeklits met die griep.
Stuur dit aan dan kan "Bestuur" 'n bietjie daarna kyk. Dit klink heel interessant.
-
:hello:
Dit klink of die "allermooiste komplimente" nie so mooi is nie. Ek is jammer dat dit met jou gebeur het. Ek kan nie verstaan hoekom mense so dikwels afbreek i.p.v. opbou nie. Ek wens dit was nie so nie.
-
Bestuur het ook een van daai briefies ontvang, maar aan die einde van die dag het ek besluit om dit die nodige minagting te gee wat dit toekom en dit in die snippermandjie gegooi.
Ek is jammer Stof, onder andere omdat ek dit nie humoristies vind nie.