Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Meraai vannie Baai on August 28, 2026, 10:30:52 AM

Title: Is dit die rede vir minder besoekers op die forum?
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2026, 10:30:52 AM
Agie gebore hou ek gewoonlik die aantal besoekers-getal dop wanneer ek deur die doodstil gange van die forum dwaal. Daar is 'n drastiese val in ons getal besoekers en ek wonder of die rede is omdat mens jou alie af sukkel om aangeteken te bly of selfs net agter die skerms te dwaal? Daar is nie meer genoeg tyd vir my om eers deur al die ouer plasing te gaan vir herkou en weer geniet nie! Ongelukkig kan nie een van ons besoekers regtig hierop kommentaar lewer nie want hulle is soos welkome gesies. Maar ek weet hoeveel frustrasie hierdie 'forum is nie bekikbaar nie' my gee!
Title: Re: Is dit die rede vir minder besoekers op die forum?
Post by: Frank Naude on August 29, 2026, 12:31:20 PM
Ek dink dit is maar dieselfde op al die forums. Kyk byvoorbeeld op Gesellig.co.za, waar mense fluks registreer, maar selde iets pos. Facebook, Twitter en soortgelyke platforms het oorgeneem, waar die goeie boodskappe nĂ¡ 'n paar maande wegraak en nooit weer gevind kan word nie :-(
Title: Re: Is dit die rede vir minder besoekers op die forum?
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2026, 09:31:38 AM
Duisend dankies dat jy reageer het op hierdie plasing Frank. Ek verstaan dat ons elkeen eie druk van die lewensgang ondervind maar sou dit nie wonderlik wees as iemand nie net 'n klein gebaartjie toon van 'ek was hier...'soos wat jy nou gedoen het. Gaan jou goed woordmater.