polisemie, 'n
dubbele betekenis of 'n
homoniemVoorbeeldsinne
- Feitlik
- Hy het feitlik die hele dag gewerk. (amper/byna)
- Dit is feitlik onmoontlik om dit te doen. (in werklikheid)
- Skyn
- Hy skyn gelukkig, al is hy eintlik hartseer. (voorkoms)
- Die son skyn helder oor die veld. (ligstraal)
- Lig
- Die tas is lig en maklik om te dra. (gewig)
- Die lig brand in die kamer. (verligting)
- Bank
- Hy werk by die bank in die dorp. (finansiële instelling)
- Ons sit op die bank en kyk TV. (sitplek)
- Slot
- Die slot van die verhaal was verrassend. (einde)
- Die deur se slot is gebreek. (sluitmeganisme)
- Trek
- Ons trek volgende maand Kaap toe. (verhuis)
- Daardie idee het groot trek onder die mense. (aantreklikheid)
- Kop
- Hy het sy kop gestamp teen die deur. (liggaamsdeel)
- Die kop van die berg is met sneeu bedek. (bo‑kant/punt)
- Val
- Hy het van die trap afgeval. (neerstort)
- Die Victoria‑val is indrukwekkend. (waterval)
- Rang
- Hy het die rang van kaptein. (militêre graad)
- Die name is in rangorde geplaas. (posisie/orde)
- Boek
- Ek lees 'n interessante boek. (leeswerk)
- Ek moet 'n kamer boek vir die naweek. (bespreek)
Ek weet nou nie of boek in hierdie konteks eg Afrikaans is nie.
Ek het die plasing werklik geniet PM. Toe ek lees jy wonder oor 'kamer boek' dink ek aan 'bespreek 'n kamer' en 'bespreek'n boek'. Een en dieselfde woord en tog so beskrywend anders in konteks. Watter wonderlike taal het ons nie.
Ek lees die gedeelte van "boek" in Afrikaans en ek merk hoeveel woorde vandag algemeen gebruik word wat in die verlede "angelsisme" anglisisme was.