Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Anastasia on January 14, 2026, 04:51:57 PM

Title: Is hier dan geen tee en koekies nie?
Post by: Anastasia on January 14, 2026, 04:51:57 PM
So is ek vandag op nostalgie se trein na nĂªrens. Wat my toe hierheen besoek laat bring! Hoe hartseer, met tegnologie wat soveel ander meer gebruikersvriendelike spasies bied, het hierdie amper geword soos die begraafplase deesdae in ons land!

Ek het dan iemand aangestel wat my skoonma se graf in Thabazimbi versorg en tweeweekliks skoonmaak, Anders groei die gras dit toe!

Wou net kom kyk of ek nie gedroom het van die wonderlike vriendskappe wat ons so tussen die skrywers lyne geniet het nie. Goeie tye, maats
Title: Re: Is hier dan geen tee en koekies nie?
Post by: Meraai vannie Baai on February 02, 2026, 06:36:28 AM
Ek het ook so week of wat gelede. nostalgies kom inloer mater  :icon_biggrin:
Title: Re: Is hier dan geen tee en koekies nie?
Post by: PM on August 12, 2026, 07:26:55 PM
Julle twiekies laat my skaam kry.  Kom sit nader dan skink ek vir ons 'n glasie wyn met lekker worsrolletjies. :love7:
Title: Re: Is hier dan geen tee en koekies nie?
Post by: Meraai vannie Baai on August 14, 2026, 09:38:08 AM
Ek loer gereeld in, mis ons saam kuier ongelooflik baie. Ongelukkig as ek byvoorbeeld deur ou plasings gaan waar daar redelike klompie blaaie is, gooi die forum my af en dan is daar 'n slotjie op vir die res van die dag maar aanhouer wen en gereeld kan ek gou weer kom loer of hier dalkies nuwe woordspore gelaat is. Vandag was nou pure kersgeskenk in Augustus want toe volg ek jou meer as welkome spore PM  :love7:  :hello2:  :notworthy: