Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Anastasia on January 14, 2026, 04:51:57 PM

Title: Is hier dan geen tee en koekies nie?
Post by: Anastasia on January 14, 2026, 04:51:57 PM
So is ek vandag op nostalgie se trein na nĂªrens. Wat my toe hierheen besoek laat bring! Hoe hartseer, met tegnologie wat soveel ander meer gebruikersvriendelike spasies bied, het hierdie amper geword soos die begraafplase deesdae in ons land!

Ek het dan iemand aangestel wat my skoonma se graf in Thabazimbi versorg en tweeweekliks skoonmaak, Anders groei die gras dit toe!

Wou net kom kyk of ek nie gedroom het van die wonderlike vriendskappe wat ons so tussen die skrywers lyne geniet het nie. Goeie tye, maats