Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Souse => Topic started by: PM on June 28, 2025, 12:00:40 PM
-
Dit neem plus minus 10 minute vir 1 en 'n halwe koppie sous.
- Bestandele en metode
- 2 eetlepels Mazina 2 Eetlepels water
- 1 koppie pynapplelsap (ek neem een blikkie pynappelstukke met die stroop, gebruik die stroop vir pynappelsap en bere die stukke totdat die sous klaar gemaak is, dan roer ek net die stukke pynappel in.
- Driekwart koppie bruin suiker
- Een derde koppie appelasyn (of wit asyn)
- 1 Eetlepel sojasous
- 'n Bietjie rooipeper as jy hou van 'n bytjie. Ek gebruik een gelyk teelepel vol gemmer, maar as jy nie van gemmer hou nie kan jy dit uitlaat.
- Metode
- Meng die Mazina met die water, in 'n koppie en hou eenkant.
- Gebruik 'n potjie en voeg die pynappelsap, bruinsuiker, asyn, gemmer en sojasous in, roer totdat die suiker opgelos is.
- Voeg die Mazinamengsel stadig by en roer totdat die sousie deurskynend en dik is.
- Jy kan nou die rooipeper byvoeg as jy wil en dan die pynappelstukke .
- As dit afgekoel is kan jy dit bottel en gebruik waar jy soetsuursous nodig het.
- Dit is mos nou kumquat tyd. Ek hou daarvan om 'n paar in fyn skywe te sny en dit laaste by te voeg en vir so minuut te kook.
- Dit hou vir 2 weke in die yskas.
-
Ek kom met die oog steel. Dankie baie vir deel PM. :notworthy: :love7: