Ek gaan 'n rusplek soek
'n plek wat met stilte omhein is
en 'n kleur van warm vrede gee,
met kleurige serpe van sy
om oor my skouers te hang
wanneer ek 'n loflied sing
My huis vir die Here
kan enige iewers wees
enige elderse hoekie
waar ek wydheid gaan vind,
'n gewyde stilte se rus
onder 'n breë kameeldoringboom
Ek gaan in die kloof af stap
waar gemsbokke laatmiddag skuil
en sonstrale hoekige skadu's gooi,
stap tot by my stille rusplek
en my vreugde-gebed aan
daardie boom se hoogste tak ophang
©adéle theron
Mei 2022
Ek lees hierdie woorde ... die laaste bydrae op die forum van ons geliefde matertjie :crybaby2: