Verdeelde gevoel
Met gemengde gevoelens
smeek ek na my hartswens.
In afsondering wil ek my hou!
Geniepsig is die woorde,
verby in 'n sekonde.
Deur my skeur die skeiding!
Met 'n rinkhalsdans tussen wil en moet,
word ek met 'n glimlag begroet.
Is dit net my verdelings verbeelding!
© :angel12:
Mooi Trappies! Ek is bly om te sien jy het nog ink! Dankie vir die deel matertjie. :love7: