Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on November 01, 2021, 06:34:53 PM
-
Vensterloer
In eensaamhoekiespiraal
soos gevange glaskasslang,
beloer nuuskierig die agies
met verlange oë.
Tussen alleengedagtes
versamel leë sekondes
om saam te konkel
in eensaamhoekiespiraal.
Verstote gevoelens
murmereer sonder uitkoms.
Ingeperk in skedeltronk
soos gevange glaskasslang.
Oopbek verwondering
gaap die vryheid aan.
Smagtende verlange
beloer nuuskierig die agies.
Vrye kom en gaan
toegesluit agter glas.
Smagtend toegekyk
met verlange oë.
Met verlange oë
beloer nuuskierig die agies,
soos gevange glaskasslang
uit eensaamhoekiespiraal.
© Naas Breytenbach
:icon_bigsmurf:
-
Ek is mal oor die skryftrant en in my diepste binneste beleeeeeef ek hierdie vensterloer! Welgedaan Naas. Soos altyd.
-
:hello2: :notworthy: :icon_salut: Dit bly een van my gunsteling strukture!