Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on July 05, 2011, 09:45:04 PM
-
Ja juis, dit is al laat al en ek is al vol wyn al, maar ek wil net graag weet! Hoekom is skrywers, of kunstenaars oor die algemeen, altyd so platsak dat hulle vir niks kan betaal nie? Ja, jy wil by my kom kuier en 'n hond uit 'n bos uit kuier, maar as ek nie nie die kos en wyn, of die drank van jou keuse, kan voorsien nie, dan het jy iets anders aan en kan dit nie maak nie. Hoekom plyt jy armoede? As iemand my op hierdie vraag kan antwoord sal ek uit my eie vel uitspring en die volgende byeenkoms sponser! Gee asseblief net vir my 'n logiese antwoord! :love7:
-
gits ek voel as een by jou omkuier eet en drink hy/sy wat voorgesit word en as jy bang is die wyn is nie na jou smaak nie dan bring jy jou eie wyn saam. kos eet jy wat voorgesit word. ongelukkig kan ek nie jou vraag antwoord nie.
-
Dink ek so by myself, hierdie soort van kuiergas behoort mens nie te mis nie :icon_biggrin: Ek sal bordjie laat maak in die plek van die gewone welkom: Hou verby. Menu van jou keuse by die Golden Inn. :bootyshake:
-
Hoekom laat almal my altyd skuldig voel omdat ek arm is? :dontknow:
Dit IS altyd lekker om by PM te kuier maar ongelukkig Bly sy vir my salaris aan die ander kant van die wereld. :hello:
Nou kuier ek maar by trappies en eet sommer net pitza of vliessop en brood of lekker stamp. Arm mense se kos is darem ook lekker. :headbang:
:icon_bigsmurf:
-
ekhet eenkeer iewers gelees, die kos en drank is eintlik 'n bysaak, dit moet liewer gaan oor die lekker kuier.
-
Ek stem saam. By PM kuier mens lekker. Ek is nie juis lief vir wyn nie, maar PM het lekker koffie. As jy sekere goed nie, eet nie, eet iets anders of eet brood of eet niks. Ek stem saam, vat my soos jy my kry of hou verby. Ek probeer moeite doen as iemand 'n siektetoestand het of ek weet iemand hou nie van iets nie, sal ek dit nie aspris maak nie, maar ek maak kos volgens my budget. Kuier is hoofsaak. Ons sien mekaar hopeloos te min andersins.
-
Op die punt van lekker kuier. Het die res van die forumlede al hulle uitnodigings na Vrydag se ope verhoog-aand gekry? Stof is hartseer, want die organiseerder het hom nie genooi nie. PM het gesê hy is regtig welkom, maar hy voel sleg om sommer net op te daag as die organiseerder hom nie genooi het nie. Kan van dié wat uitgenooi is dalk vir Stof sê hoe laat dit gebeur, want hy is lus om in te sluip... Die ding kan mos net lekker wees.
-
Ope verhoog aand?
Ek bly seker te ver...
:icon_bigsmurf:
-
:hello:
Ek was ook al daardie platsak een, maar 'n mens probeer dan regtig om wel iets saam te bring- al is dit klein en as jy so platsak is dat jy nie eers 'n brood of slaaitjie kan bring nie, probeer 'n mens maar om iets kunstig/kreatief te maak soos bv. 'n kaartjie net om te wys dat jy dankbaar en bly is om daar te kan wees.
Ek moet ook skuld erken met die kossmake. Ek sal heel gewilliglik brood eet en dit geniet, maar brand goeters brand net te veel en dan is dit trane en nie meer lag nie. ;-)
-
Ope verhoog aand?
Ek bly seker te ver...
:icon_bigsmurf:
Nee wat, dis teen die noordelike hang van die Magaliesberg.
-
Ek is bly om te sien julle is weer hier. Ek was skoon siek omdat die forum so lank af was. Groei pyne!!! Gelukkig is ons nou weer hier! :hello2:
Ons is gelukkig dat ons alles eet en selfs 'n broodjie is lekkerder as iemand anders dit gemaak het. Normaalweg vra ek nie vir iemand om iets saam te bring nie, maar as daar 'n groot groep is dan verwag ek dat elke ou 'n bydrae moet doen.
Vrydagaand wil ons, soos Stof sê, 'n bymekaarkom hier by ons huis in Annlin hou. Natalie bring haar klanktoerusting en die wat wil sing, sing, of lees van sy gedigte voor, of vertel 'n grappie, of kuier net lekker saam. Ek maak 'n groot pot sop en broodjies en koffie of tee. Die toegang is R20.00 per persoon. As jy wil kom en jy kan nie betaal nie was jy
skottelgoed, :bootyshake: maar jy is nog welkom. Elke ou bring sy eie ander drinkgoedjies saam.
Ons nuutste nuweste lid, Marie vannie NZ, is hier in SA en sy kom kuier saam.
Naas, ek wens jy en al die ander Kapenaars kon ook hier wees. Julle is eintlik genoeg om ook 'n lekker forumaand te hou. Gawie en Adéle bly ongelukkig ook ver, om nie eers van Raaitjie te praat nie, maar ek hoop die nadere ouens kan dit maak.
Fransi, ek belowe daar sal niks brandgoete in die sop wees nie! :icon_biggrin:
-
oor die vraag wat jy vra PM kan ek waarlik nie 'n antwoord gee nie. het nog altyd lekker gekuier en ge-eet so saam met jou en H.
stof ek dink nie daar het uitnodigings uitgegaan nie maar ja ek sal my klank daar he so saam met 'n stellenrijk rouge - ek dink stellig ek mag dalkies 'n 1720 oesjaar in my kelder he :angel12:
-
stof ek dink nie daar het uitnodigings uitgegaan nie...
Dan is Stof se waarneming waarskynlik heeltemal foutief en afwykend. Hy was defnitief onder die wanindruk dat die organiseerder wat op versoek van PM, die uitnodigings sou stuur, aan dieselfde tafel gesit het as hy, toe sy gese het sy sal sorg dat elke lid persoonlik en betyds 'n uitnodiging kry. Ai, dis sleg as 'n stofluis se begin koekoe raak. Dat die simpel luis nou sowaar hom al dinge begin verbeel.
-
Lepinotus
As ek reg onthou het jy 'n thingamajig op die forum geskep vir die spesifieke doel maar ek kan nie sien dat daar soiets op is nie - miskien is daar 'n stellenrijk rouge newel oor my geheue - ek sal maar 'n paar knope in my naelstring moet maak sodat ek nie vergeet om mikrofone ens. saam te bring nie. Gaan jy die opname ding bedryf?
-
"Fransi, ek belowe daar sal niks brandgoete in die sop wees nie! "
:hello:
Dankie PM. :icon_biggrin:
Julle moet die aand geniet.
-
Lepinotus
As ek reg onthou het jy 'n thingamajig op die forum geskep vir die spesifieke doel maar ek kan nie sien dat daar soiets op is nie
Dié thingamajig sou deur die organiseerder van sosiale sake geskep gewees het. Stof het dus nie outoriteit om op 'n ander se gebied in te meng nie. Of dalk was sy net nie instaat nie, omdat die forum die afgelope week 'n paar keer griep gehad het.
Gaan jy die opname ding bedryf?
Ons gaan Die Afrikaanse Forum se amptelike opnemer wat Bestuur gekoop het, gebruik. Stof glo jy sal die klanktoerusting onthou. Hoop net Bestuur het die opnemer se batterye omthou... En diegene wat vanaand uitkiepie, sal D.V. voor die einde van volgende week, na die klanksnitte op die forum kan luister.
Vanaand, gaan 'n lekker ding afgee. Ek sien uit daarna. Onthou die 1720.
-
Ons kuier lekker. Ons mis almal wat hier kon wees, sou wees, wou wees en gehoop het om hier te kon wees. Aan elkeen wat nie hier is nie, ons mis julle.
-
Ons was net 'n handjievol, maar die bure het seker gedink ons is landvol. :icon_biggrin:
Dit was 'n heerlike byeenkoms. Stof en Natalie het ons vermaak met spookstories en voorlesings. Hannes het gesorg vir 'n vuurtjie wat knetter in die hoek en die wyn en kos het gesorg vir die res.
Volgende byeenkoms is die 12de Augustus. Hoop om julle almal hier te hê.
-
:hello:
Ek is so bly julle het dit geniet en ek wens regtig ek het nader gebly.
-
As ek reg onthou was dit Natalie wat gesê het: "Volgende keer Skype die ander saam!" Wie van julle kan nie Skype nie?
-
klink mos nou alte lekker!!!!
-
WW, dit is alte lekker! Ek wens net julle kon in lewende lywe hier gewees het. Man, dit kon nou alte alte lekker gewees het.
Ek en Stof het 'n geheimpie in ons moue vir die volgende byeenkoms wat die 12de gehou word! :dontknow: :icon_biggrin:
-
PMpie ja. Daai is nou 'n lastige vragie om te beantwoord.
Die eerste is dat hulle regterbrein mense is. Dis mos nou mense wat in prentjies dink. En as hulle daai prentjie van 'n lege bottel en bordjie kry dan swiets alle denkprosesse af.
Ten tweede, is dit 'n feit dat mens nie op 'n honger maag in prentjies kan dink nie.
PM ek dink dis die redes vir die gedrag wat jy na verwys het heel aan die begin.
-
Dit is 'n heel aanvaarbare antwoord. :icon_biggrin: Ek het ervaring daarvan! :icon_biggrin:
Blouetjie, is jy te ver van "Magaliesberg se noordelike hang" om die 12de Augustus te kom saam kuier? (Annlin)
-
patrys dit klink vir my na n alye goeie idee
daai plannetjie van julle... gaat die mense oppi verhoog staan en gesels?
-
Jaaaa!!!!! Elke ou het 'n tydgleuf waarin hy kan doen wat hy wil voor die mikrofoon.
Ons eie kunstenaars gaan 'n opvoering doen.
Dan het ons 'n gaskunstenaar wat vir ons kom musiek maak en sing!!!!! :hello2: en nog...
-
Snik snik :crybaby2: Hier sit ek ... oor die waters, maar glo dit: in die gees is ek daar :hello2:
-
Raaitjie, so tienuur in die aand hier, hoe laat is dit dan by julle? Sal ons jou kan Skype?
-
Ek trek net gou my kouse uit laat ek my tone EN vingers kan inspan nooi :icon_biggrin: Nou terug!
-
Nee! Gebruik Outop se vingers! :toothy4:
-
As ek sy vingers kan glo is dit ses uur die oggend by ons!! Sal julle dalkies 'n skoottikkertjie so kan draai dat ek in my pejamas na julle kan loer??
-
O ja beslis! Dit sal 'n fees wees! Djamies en al! :toothy4:
Ons het 'n afspraak! Intussen moet ons dit opstel. :hello2:
-
Oe aarde ek sukkel om stil te sit!!!!! Se nou net dit kan gebeure en ek hoor en sien vir julle :love7: :hello2:
-
Man, jy sal sien hoe daag die ouens in hulle hordes op as ek laat weet dat Meraai vannie Baai ook hier gaan wees! :toothy4:
-
Sjoejie.... hehe deur die gesprekkie te lees, het ek geleer julle bly nie almal in die kaap soos ek gedink het nie.... julle hou almal van kuier en julle kan nie op topic bly nie...............
I like It
:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
Ons is wyd verspreid ja. Een ding wat ons nog in gemeen het is ons mooi taal :icon_biggrin: en ons probeer hard om dit te bevorder. Van ons het probleme met spelling en leestekens en is altyd opsoek na opvoedkundige inligting om dit te verbeter.
Ek sien Susan Grobler het 'n nuwe artikel geskryf en op Woes geplaas oor "leestekens in die digkuns". Ek hoop sy gee vir ons toestemming om dit hier te plaas. Dit is baie insiggewend en ek hou baie van haar werk.
-
Chichi baie welkom :hello2: hoe meer siele hoe meer vreugde ne! Pm mater, ekke hou STYF duime en tone vas vir die jawoord van Susan. Kyk of sy nie dalkies vir jou ook toestemming sal gee vir haar riglyne vir kompetisies. Weet jy is opsoek na dit ook vir die :book1:
-
Haai Raaitjie, jy moenie ons :read: so rondgooi nie, dit sal breek! :toothy4:
Ek het al vir haar 'n briefie geskryf en wag vir die antwoord.
-
:hello2: Ek belo' ek sal baie visistig hanteer, dit is mos kosbare skat :book1: Ek sit saam met jou en wag op die jawoord!!
-
:dontknow: my taal gebruik is nou nie van die sterkste nie, werk maar beter in 'n ander taal... hehe
Maar baie dankie, ek is bly ek kan deel wees vn dit wat julle hier het!!
-
Jy is welkom Chikie. :icon_biggrin:
Skryf jy ook gedigte en stories?
-
Jyt my antwoord klaar gelees, maar ek doen nie!! :)
ek geniet net dit om te lees.
-
chichy :wave: welkom hier sjoe....
nou wonder ek net :icon_scratch: was ek dan onder die verkeerde indruk dat jy lief is om moord /speur verhale/stories te skryf?
-
Ek dink jy dink aan die verkeerde persoon?? Ek geniet moord/speur verhale, maar ek is regtig 'n baie slegte skrywer.
:icon_scratch:
-
nee aarde chicy... :read:
skuss dan het ek die verkeerde persoon hier beet...
baie welkom op die forum :toothy4:
-
Baia dankie :wave:
:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
Ek wil net graag weet, hoe kan iemand sewe tot nege maande swanger wees, die "fetus" in 'n emmer kry en nog steeds nie weet dat jy pas gekraam het nie? Dit is die storie wat 'n vrou aan die polisie vertel het, nadat hulle die emmer met die inhoud iewers gevind het. (Berig: News 24)
-
Naas, ek wil net graag weet, hoekom slaap jy nie nog nie?
-
Hoe nou? 4:11? Soos 'n baba geslaap vannag. Wat het jy op gemaak?
:icon_bigsmurf:
-
Ek haal verlore tyd in. Te lekker rondgery en gekuier. Nou is dit weer volstroom skouer aan die wiel.
Maandag gaan ek drukkers toe met ons boek. Weet nie hoeveel huiswerk gaan ek weer kry nie, maar ek sal maar vasbyt en deurdruk.
-
Oeeeee... klink soos opwinding wat wag.
Grootste kersgeskenk aan myself, daai boek.
Ons hou duimvas dat daar nie baie huiswerk gaan wees nie.
Wat jou ander vraag is, PM, nee ek weet ook nie hoe iemand kan kraam en nie weet ietsie GROOT het nou net in die emmer geval nie.
Hierdie dames is nie bereid om na 'n baba om te sien nie, maar ook nie bereid om GRATIS voorbehoeding te neem of toe te sien dat hul 'partner' kondome gebruik nie.
Aan die ander kant, baie van hulle word gedwing om seks te he en die gevolg is die ietsie groot wat in die emmer land.
Ek weier om te glo dat hulle bloot naief is en nie weet waar babas vandaan kom.
-
Party mense kan met moord en moord wegkom. Ek lees 'n rukkie gelede dat 'n ma haar dogter hospitaal toe geneem het omdat sy pyn op haar maag gehad het. Daargekom is die kind besig om te kraam. ??? Dit is raar maar waar.
-
Nee ek wonder ook, hoe weet jy nie jy is swanger nie?
-
Ek wil net graag weet...
as jy nou heeltemal "down under" is, dit meen as jy soos Ellé sou sê, onder die bed wegkruip, wat wil jy hê moet ek doen.
Moet ek jou uitlos dat jy dinge op jou eie, rustig, self verwerk, of sou jy wou hê ek moet jou voete kom kielie dat jy weer kan lag?
Soms, as mense so stil raak, dan wonder ek of alles goed gaan en of hulle 'n "geselsie" nodig het. Soms probeer 'n mens raad gee, maar dit is dikwels nie wat die leser wil hoor nie.
Hoe gemaak?
-
Ek is iemand wat uitgelos wil word tot ek self die probleem verwerk het. Daarna sal ek self weer te voorskyn kom. Ek moet eers stilte handhaaf en in my "mind" die ding deurwerk en uitsorteer.
-
Wie voel nog so?
-
PM, dit was nog al die jare so. As iets aan my knaag, raak ek stil tot ek dit in my binneste uitgesort het. En hierdie kwartaal was net bietjie te veel vir my "brose gestelletjie". Dit het regtig niks met die forum of enige van sy lede te doen nie, maar alles met die lewe.
-
My bek is toe, niemand moet na my kant toe kyk nie. Ek is stil. Ek le onder die bed in die hoekie waar dit donker is. Nie eens die spinnekoppe maak my bang nie. Wil met niemand praat nie en as 'n foon lui, ignoreer ek dit. Slaap baie of glad nie. Huil sommer omdat daar trane in my traankliere is. Dis weird. Ek kan of verlang na aanraking of dit heeltemal verfoei. Ek is baie geirriteerd. Ooreet myself of eet glad nie.
Ek kan vir dae, weke so voel en dan net een oggend is dit asof ek uit myself tevoorskyn kom. Die lug is helder en klanke ook helderder.
Dit is presies asof ek uit 'n donker diepte terug keer na die lig.
Nie lekker nie.
Ek wil uitgelos word. Ek sal self besluit wanneer en met wie ek kans sien om mee te kommunikeer.
Ek dink tog mense moet na my uitreik, maar moet dit nie persoonlik vat as ek nie reageer nie, maar ek mag dalk net.
-
Nou is ek net die teenoorgestelde. Dit is asof daar 'n koolstoof in my binneste is wat aan die brand is. Ek raas en blaas en tier en my bek het nie brieke nie. So woed ek myself uit totdat dit oor is en dan sal ek nooit eers weer daaroor dink of praat nie.
Dalk is dit hoekom dit vir my so moeilik is as ek met mense te doen het wat in sy/haar eie hoekie sit om dinge te verwerk. Eerstens dink ek, dit is nou weer ek met my groot bek wat iemand te na gekom het. My se ma het alewig gesê: Petronella, as dit nie vir jou groot bek was nie het die kraaie lankal in jou agterend nes gemaak.
Dan is ek in 'n familie ingetrou waar die neefs se gades geweldig agteraf is. Hulle kan darem vir jou koppe bymekaar sit en ander ageraf beskinder dat die biesies bewe. Het nooit die moed om reguit vir jou te sê wat fout is nie, of jou 'n geleendheid te gee om jou kant van die saak te stel nie. Jy is sumier veroordeel en verdoem en dit het 'n geweldige invloed op my gehad. Sukkel nounog om dit te verwerk.
-
Dit wat jy sien, dis wat jy kry. Ek hou van wegkruip. Stil bly. Maar as jy dalk toevallig aan my voete kielie sal ek niks laat blyk oor my binneste nie. Net die wat my baie baie goed ken sal iets agterkom. Ek borrel oor lag en maak grappies soos gewoonlik. Die masker is my bed of donker hoekie waaragter ek wegkruip. My muur word dan stilletjies weer opgebou.
Gewoonlik as ek knorrig is begin ek geweldig skoonmaak :icon_biggrin:. So wanneer ek skrop en "springclean" buite die normale (vir 'n kiemfreak) dan kan jy maar eerder weg bly, want dan byt ek. :icon_biggrin:
Ek is nie 'n maklike mens nie en sal dit eerste vir 'n vreemde se so dat daar later geen ongemaklike oomblikke is nie.
As ek nie van iemand hou nie, ignoreer ek hom/haar soos 'n stopstraat! Jy sal baie gou agterkom as ek nie meer jou se maatjie is nie. Skynheilig was nog nooit my sterk punt nie. Ek is wat ek is en soos ek is, eerlik en ongelukkig soms te reguit vir my eie gesondeheid. :dontknow:
Maar dan ek is Trapsoetjie en verander maklik my kleur, so besluit maar self :dontknow:
:angel12:
-
Vir my was jy nog altyd 'n bestendige mens wat nie allerhande nukke en giere het nie. Ons is seker maar almal so, dat wanneer iemand "ongelyk" gaan, dan soek hy/sy moeilikheid.
Dit is beter om reguit te wees as agteraf. As iemand 'n probleem het, kan net die persone wat daarby betrokke is dit oplos.
-
Hoekom gaan dit tyd so gou verby?
Trappies, waar is jy, is ek nie meer jou maatjie nie? :icon_biggrin: Jy dwarrel seker daar by KKNK rond? Ek MIS jou!
Ek MIS julle almal! :crybaby2:
-
Intersant hoe almal anders is ...
PM ek het so bietjie van jou - as jy my kwaad maak - ontplof ek en my bek het dan ook geen brieke nie ... maar dan is dit oor en verby - vergete!
Maar as dit seer maak ... dan ontrek ek en kruip soos Angelica onder die bed se donkerste hoekie weg en weier om te maak of ek leef ....
maar deur alles bly ek smile .. of ek nou donderweer of hartseer reen of sommer net sommer is ... ek smile altyd :bootyshake:
-
Dit is ander mense se skuld! :icon_biggrin:
'n Mens kry mense wat net die mooi in jou uitbring, jy wil hulle net lief hê, alles vir hulle doen, hulle op die hande dra. Sulke mense kan maar altyd oor my pad kom. :icon_biggrin:
As ek in die Kaap kom gaan grou ek almal onder die beddens uit, stof hulle af en dan gaan ons fees vier! :sign10:
-
Giggles... ek loop heerlik in die son en is op 'n high oor my pragtige kinders se geluk.
Maar ja, ons is maar net mens en as die jas oor jou skouers val, val hy swaar. Ons byt vas en hou ons kop laag en ons oe op die grond tot die spoke koers kry, dan lig ons maar weer onsself op en stof af en gryp die dag.
Ons vra nie om die jas te dra nie. Ons vra nie om heeltemal tred te verloor met die wereld en met tyd. Ons vra net dat ons erken moet word as nog steeds mens wat worstel met 'n toestand waaraan 'n stigma kleef.
Ons moet baie verdra oor mense se oningeligtheid.
Wees geduldig, wees nog lief, wees steeds vriend in hierdie tyd.
Ons sal weer by julle aansluit wanneer die jas droogskoonmakers toe gaan.
-
Ek sê mos, om te weet is om te verstaan!
Gister het ons oppad terug van die substasie na RSG geluister. 'n Vrou het 'n gesprek gehad met mense wat liggaamlik gestrem is. Hoe hulle ander mense se onkunde aangaande hulle toestand ervaar en wat sou hulle graag wou verander het as hulle kon ens. 'n Blinde man het gesê hy is gewoond aan die situasie en die ander wat slegs liggaamlik geraak is, sou graag 'n gesin wou hê, maar die mense wie se spraak erg geraak is, wou almal net graag in 'n beter situasie wees om met ander te kommunikeer. Buiten vir die feit dat ander mense dink hulle is koolkoppe, of idiote, omdat hulle spraak ook aangetas is, frustreer die feit dat hulle nie maklik kan kommunikeer nie, hulle die meeste.
Wat eintlik treffend is, een vrou het gesê dat daar soveel mense is wat 'n innerlike gebrek het, iets wat die oog nie kan sien nie en wat mense nie verstaan nie en dit is nog moeiliker.
Vir my is dit altyd moeilik as ek met 'n onbekende gebreklike persoon te doen kry, omdat ek nie weet hoe om die persoon te behandel om hom/haar nie ongemaklik te laat voel nie.
Dit geld dan ook vir die "swartjasdraer". Wat sê ek of doen ek om daardie persoon te help? Ek kan jou mos nie sommer net uitlos nie! Ek lief jou dan te veel!
-
jy weet mos hoe ek ook swaarkry, vriendin, om op die wal te moet staan en haar daar uit te trek, gereeld, soms met moeewiese trekkrag, soms ligter, maar ek bly haar lief en wie anders sal dit nou doen?
maar daardie dae wanneer sy saam met my op die wal staan sodat ek haar net kan vashou en laat voel hoe lief ek haar het....dit gee haar seker die krag om vas te byt wanneer sy weer afgly...is vir my wonderlik, dan kan ek ontspan en ook leef en lag sonder kommer oor drama en bang wees vir vreemde foonoproepe ens.
maar dis erg, om jaarin en jaaruit op daardie wal te bly staan, soms gaan sit ek ook op my wortels wat al redelik stewig geanker groei, soms gaan le ek om te keer dat 'n orkaanwind my daar uitruk....dan gryp ek weer na Bo wanneer ek onthou dat Hy die stormwinde laat bedaar.
:grommit:
-
Julle moet almal 'n kopie van Hope Heals Heart kry - dis presies waaroor dit gaan ... sal julle laat weet as dit klaar is - ons neem DVD die 17de April op ...
PM - elke persoon is so anders ... God laat juis daarom paaie kruis, want Hy weet presies wie bied wat vir wie ... so wees 100% jouself, maak nie saak wat die ander persoon se mental/emosiese/fisiese gestremdheid is nie - God het jou paket nes soos JY is nodig in die persoon voor jou se lewe en juis daarom het Hy toegelaat dat jul paadjies kruis ... en dink net watse blessings wag ook vir jou wanneer jou 100% terugval in Sy hande sodat Hy jou voetstappe bepaal - selfs in die persoon voor jou se lewe ...
in al my donker gate waarin ek al geval het, was dit die mens wat die minste plastiek na my gewys het, wat my kon optrek en weer kom help anker het aan ons Vader se voete ...
daar is geen reg en verkeerd in hoe mens iemand help nie ... daar is net plastiek of 100% eg :love7:
lief julle almal :toothy4:
-
Nee wat ek is nog hier rond....
Het nou net my naam met 'n plank geslaan. Gelukkig het niemand dit gesien nie. Ek is so gewoond om af te gaan na die volgende blad en so aan. Toe dog ek weer (en ek is regtig nie blond nie hoor) die masjien werk agterstevoor. want al die goed het ek mos al gelees. Nou ja nie toe kom ek eers weer agter ek moet op beweeg en nie af nie. ja ja lag maar kon met jou ook gebeur het ha ha ha ha....
:angel12:
-
Ja, dit sal jou leer om nie jou e-pos te lees nie! :angel4: Ek het dit so verander in jou profielblad en vir jou 'n briefie geskryf. As dit nie vir jou makliker werk nie kan jy dit weer terug verander of ek sal dit vir jou doen. Jou nuwe e-pos op die forum sal ook nou heel bo verskyn. :love7: Dit is makliker as om deur alles te rol totdat jy die heel laaste plasing sien.
As daar nog van julle s'n is wat nie so werk nie, verander dit of laat my weet. Ek doen dit graag. :love7:
-
Is dit wanneer jy sommer vir geen rede nie blou voel en in jou skulp wil wegkruip of is dit blou as gevolg van eksterne omstandighede of iets traumaties wat gebeur het? Afhangende van eersgenoemde verskil my reaksie daarop, maar omgee se arms rig altyd na 'n wyle weer op.
-
Dit is daardie omgee wat ons stewig aan mekaar vasbind. :love5: Dit is wat die lewe die moeite werd maak en die son weer laat skyn. :bootyshake:
-
:toothy4:
Nee, ek het die pos gekry. Ek het dit ook gelees. Ek het dit ook weer vergeet :icon_biggrin: .
Nou moet ek eers gewoond raak aan-anders-om-werk. :icon_scratch:
Moenie worrie ek sal by-kom ...... eendag :icon_biggrin:
:angel12:
-
Hi Fransi, yip, dis daardie blou wat grou en dan swart word.
Ek ervaar dit altyd as 'n baie swaar swart jas wat my skouers en later my hele wese in die modder intrek.
Die punte sleep hierdie modder saam, want alhoewel ek dan net onder die bed in die verste hoek wil gaan le, MOET jy voortbeur. Nie lekker nie.
Later begin die sonstrale weer in jou gesig skyn. :hello2:
Nog 'n 'ervaar' is: Ek is binne myself vasgekeer. Soos binne 'n kokon of 'n gipsomhulsel. Wil uit maar kannie. Weird gevoel. Tot die gips krummel en jy stadig begin deurbreek. Jy word weer bewus van jou fisiese. Geen wonder ek is al as 'mal' beskryf en beskou nie.
-
Of asof jy onder water is en nie kan asemhaal nie en daar is glas aan die bokant van die water waar jy jou eie lomp refleksie sien en die vae bewegings van ander buite die glas en selfs al kry jy die energie om teen die glas te stamp, hoor niemand jou nie.
-
ek voel eweskielik so dors.... :coffee2:
-
:occasion14: :coffee2: is vir die oggend! :icon_biggrin:
-
Dink ons moet 'n digbundel uitbring met hoe die lagdief ons almal van tyd tot tyd in 'n sieletronk sit en hoe ons dit almal anders ervaar, al is dit dieselfde hell-hole waarin die lagdief ons gooi ...
dit moet nie deel wees van boek 2 nie - 'n boek op sy eie - net ervaarings van daai lagdief in digvorms - PM wat se jy - en alles in een kleur - colbalt blou of swart - selfs die prentjies ... doodels sal goed hiermee saam gaan - ons het prag kunsternaars onder ons wat kan doodle ... :snorting:
-
Jy sal moet verduidelik wat "doodle" is. Ou dommie weet nie.
-
Skets, PM, skets. 'n baba droodle en 'n kunstenaar doodle
:icon_bigsmurf:
-
Dankie Naas. :color:
Wel, ek droodle dan oor julle doodles! :bootyshake:
-
:icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
-
Vertel die opsigter hier by die woonstelle vir my dat sy elke dag vir haar kinders vertel hoe bevoorreg hulle is om alles te kry wat hulle hartjies begeer.
Vertel jy ook vir jou kinders dat hulle moet dankbaar wees vir alles wat hulle by jou as ouer kry, of vir dit wat jy alles vir hulle doen?
-
:hello:
Ons het nog nie kinders nie, maar ek dink dankbaarheid word geleer deur dit waar te neem in jou ouers (gedrag) en nie in woorde nie, asook met ervaring wanneer jy buite jou eie wêreld gegooi word en besef hoeveel dinge daar is in jou lewe wat genade of uitsondering en nie noodwendig die norm vir almal is nie. So sprei dit uit, totdat jy orals rondom jou dinge sien en ervaar wat dankbaarheid teweegbring. As kind leer jy bv. om dankie te sê, maar ek dink as kind aanvaar jy dinge as vanselfsprekend- amper asof dit jou toekom? Miskien is dankbaarheid iets wat in jou groei?
So, nee, ek dink nie ons sal dit vir ons kinders sê nie- dalk dit probeer leer deur eie dankbaarheid te toon en deur die vlam van verwondering te probeer aansteek in hulle.
-
Ek was ongelooooooflik streng met ons drie oor dankbaarheid. Oudste seun se kreatiewe siel was moeilik om tevrede te stel en op een goeie dag moes ek hom weer leer hoe om dankbaar te wees, selfs vir die voorreg om te kan sien. Ek het een van sy geliefkoosde 'movies' uitgeneem, hom geblinddoek en hy moes hele fliek tevrede wees met slegs die klank.
Ek kry feitlik daagliks nog dankbare lyntjies op die poskoets van hom af. "Just wanna thank God for the perfect surf today" ... of mooi sonsondergang ens. Die ander twee wat hom met simpatie dopgehou het is ewe dankbaar vir kleinste dingetjies vandag en ons kabouters hoor gereeld wat met hulle gaan gebeur as hulle ondankbaar is en dit hou hulle dankbaar :evil6: :love7:
-
dankbaarheid word geleer deur dit waar te neem in jou ouers Dit is nou vir my 'n mooi antwoord.
Dankbaarheid is een van die mooiste kwaliteite.
-
sou n mens logika ook kon aanleer?
-
Sjoe, ek wens mens kon WW. :icon_biggrin:
-
dalk kan n mens dit leer .. as n mens iemand dankbaarheid kan leer glo ek logika kan hand aan hand loop...
nog n vragie... sou dankbaarheid en humbelness hand aan hand loop?
en indien wel hoe tref n mens die onderskeid tussen om terug te staan in neerigheid of dan om op te staan vir wat jou regte is...
waneer iss jou regte belangriker as om terug te staan in dankbaarheid ... wat kom jou toe ...
-
Ek weet darem nie van logika aanleer nie. Het dit nie met 'n mens se abstrakte denke te doen nie? Daar waar IK 'n rol speel?
'n Mens kan dankbaar wees en nederig staan daarteenoor. Ek bedoel, jy kan nie jouself altyd op die skouer klop oor dit wat jy het of vermag het nie, want jy alleen het nie altyd 'n aandeel daaraan gehad nie.
Ek dink nie om te baklei vir jou regte het iets met nederigheid te doen nie. As jy, in die tye waarin ons leef, net moet bly lê as daar op jou getrap word, sal jy gou in die modder versuip. :nono:
-
en waar leer jy jou IK?
ek voel IK is opgebou deur die eeue van gene ... tog reken sommige mense nie so nie...
ek glo ook logika kan aangeleer word nes n mens humbelness kan aanleer saam met dankbaarheid
in n obskure manier glo ek daai 3... nederigheid , dankbaarheid en logika loop hand aan hand
die een kan nie groei sonder die nader nie ...
-
Ek stem saam dat 'n mens nederigheid, net soos dankbaarheid, in jou ouerhuis aanleer. Tog het ek al baie nederige ouers gesien met kinders wat net klinkende simbale is. Daarom dink ek dat nederigheid 'n keuse is, net soos dankbaarheid.
Mense wat depressief is, kan net 'n lys gaan maak oor die goed waarvoor hulle dankbaar kan wees. Dit is 'n goeie dosis medisyne teen depressie. Wil hulle?
Dat IK uit daardie gene-bank kom sal ek saamstem. Dat jy kan leer om logies te dink? Dit weet ek regtig nie.
-
so nog n vraag is ... sou n -hoe IK beslis n hoe logika verseker?
-
IK is intellegensie en logika is "die insig" of verstaanbaarheid van die probleem se oplossing. So nee, ek dink nie iemand met 'n hoë IK kan noodwendig logies dink nie.
-
so logika kom van binne af? gebore daarmee of nie?
-
Ek dink 'n mens word daarmee gebore.
-
Dalk het ek nou die kat by die gat beet! Dit is nou daardie gat waar Mabahel (of is dit nou aia Malat) haar stert gesien het.
Ja ek weet, dit is al laat al en die wyn die praat al maar soos myse moeder geseg het, uit die mond van die suigeling en die dronkaard sal jy die waarheid hoor.
My probleem lê nou nie by die IK en die logika nie. Dit lê daar by die sin vir humor en die dankbaarheid.
Dankbaarheid dra my deur die lewe. Die mislike lewe wat my om elke hoek en elke draai wil verongeluk. (Of is dit nou versuip?) (Of is dit nou om my kinders by my weg te steel?) Of is dit nou om my geliefdes by my te kom weg ruk?)
Hoe dit ook al sy! Dankbaarheid dra my deur die lewe en dan kan ek 'n titseltjie humor daarby voeg en dit maak alles draagbaar of is dit "drankbaar". :icon_biggrin:
Met my sin vir humor kan ek vir myself lag. Ek kan ook saam met jou lag. Om te lag is om te oorleef!
As ek al my seëninge tel en ek voeg 'n goeie skoot lag daarby, sal niks en niemand my onderkry nie.
Dan het ek nog 'n hart wat vol liefde is vir almal om my en as ons dan van dankbaarheid praat, staan ek eerste in die ry! Ek is so dankbaar vir 'n ieder en 'n elk van julle. Ek lief julle stinkend!
:love7:
:bootyshake:
-
Wil net graag skryf: ons lief jou tonnnnnne PM :bootyshake: :love7: en ek is so dankbaar vir die voorreg om deel van die forum te wees. Dit help om baie eensame ure te vul met wat ek die meeste geniet: woordgeregte in alle vorme :toothy4: :notworthy:
-
Middag almal
Vir my gaan dit meer oor emosionele intelligensie . . . daarsonder is jy ge-snoeker.
Iemand wat opbouende kritiek kan hanteer sonder om stert tussen die bene te loop of ewe hard en soms venynig (en soms persoonlik) terug te kap.
Iemand wat nie aanhou en aanhou en aanhou om dieselfde rusie in 10 verskillende weergawes uit te haal en af te stof en van vooraf begin nie.
Iemand wat nie blaam verskuif nie.
-
Nou kyk nou net hoe dankbaar is ek weer vandag! :hello2: Hartlik welkom Miss Piggy :snorting: . Ons het jou soooo gemis!
Dis 'n fees om jou hier te sien.
Dit is die waarheid Miss Piggy.
Om verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie dade spreek van volwassenheid.
Daardie "derms uitryg" is ook 'n lelike ding.
'n Mens kan nie groei sonder opbouende kritiek nie. Dit is die waarheid.
Welkom terug matertjie. :bootyshake:
-
Dankie PM . . . ek float deesdae . . . ek dreig om elke dag hier te loer maar tussen werk en leef kry ek maar min tyd.
Maar ek belowe ek sal harder probeer!1 :love7:
-
:love7: Dankie Miss Piggy, ek weet dit gaan deesdae dol en mens sukkel om alles raak te vat. Dit sal wonderlik wees om jou weer gereeld hier in die gange raak te loop. :hello2:
-
Sal wonnnnerlik wees as jy weer saam kan kom kuier Mevrou Varkie :love7:
-
Dankie julle!!! Hoop julle het 'n lekker langnaweek saam met julle geliefdes xx
-
Ek wil net graag weet, nou waar is jy nou Miss Piggy? Jy het dan belowe! :coffee2: Hier is 'n kommetjie koffie, jy moet die beskuit bring.
Dan wil ek ook weet waar is julle ander? Is dit die winter wat julle hande onder die komberse hou? Dit verstaan ek goed, want hier is dit lekker koud vanoggend.
Kom groet darem net :smileinbox: ek mis julle.
-
:wave: Koehieeee... ek's hier.
Ok, het 'n grys truitjie aangetrek en voor die bed gele.
Dis hel koud. Hoekom sou hulle se 'hel' koud? Ek het nou sop in en nou voel ek sommer beter. Nie lank nie, en ek klim in die bed met..... Huisgenoot.
-
Ons is nou hier so 12 kilometer van Heidelberg af en dit is 'n lekker oggend. Die son skyn en die wind is effens parmantig. Ek dink dit is koud daar by julle, sop koud! :icon_biggrin: Nie hel koud nie. Sal ons dit aanmekaar skryf? Sopkoud. Dan kook 'n mens 'n kommetjie sop en eet vetkoek daarby.
-
Sopkoud :hello2: Hier het ons darem vandag weer gevoel ons sien kans vir die lewe en so vleisie skrikgemaak oor die kole. Op die oomblik is Outop besig om die komende naweek se uittog te bespreek met onse geliefde kampvrinne oor die foon.
-
Ag heerlik. Dit was so lekker in die bos, ek gun julle 'n kampie. Wanneer vertrek julle?
-
As ek gese dis helkoud hier in die Kaap... het julle nog nie gevoel hoe voel Saterdag en Sondag.
Moeeeeviese koud.
Strepies-koud. Alles krimp in tot net 'n strepie.
-
Ek hoop daardie koue front waai gou verby Ellé. Ons sien op die nuus dat dit koud en nat is daar innie Kaap.
Ek sal nou net graag wil weet of die Weskaap genoeg reen kry vir die blomme hierdie jaar.
-
Hi PM
Ek weet ek is skaars . . . ja, die winter is my nie goedgesind nie. Ek loer darem nog so dan en wan hier in. Weet ek belowe elke keer, maar gee net kans. Smaak my deesdae ek gaan eers by aftrede weer geleentheid kry om heeldag saam te kuier.
:snorting: :snorting: :toothy4:
-
Liters en liters reen het geval in die Weste van die land.
Blomme is volop.
Damme is oorvol en die grond is soos 'n vol spons.
Ook die inwoners in (keel-)vol. Nou kan die lente maar opdaag.
-
Ag tog, te veel dinge en te min tyd. Wens ek was daar om dit te sien. Beaufort Wes is so naby aan die Kaap, maar tog so ver.
Hier in Pretoria is die weer heerlik en die lente het in al haar glorie opgedaag. Alles bot en ons loop sonder baadjies rond.