Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on September 07, 2021, 10:06:37 PM

Title: Skoonma
Post by: PM on September 07, 2021, 10:06:37 PM
Sjoe!! Dit reën al vir 3 dae by ons.
Al wat skoonma doen is deur die venster staar. As dit so aangaan , sal ek haar seker moet laat in kom!
Title: Re: Skoonma
Post by: Assie on September 08, 2021, 01:02:44 AM
As jy jou skoonma mis, moenie panikeerig raak nie, haal diep asem, kalmeer, tel tot tien, herlaai, mik noukeurig en skiet weer.

 :mumum:
NS. Soos dinge nou lyk sal arme ekke maar moet bojane skiet want 'n skoonma gaan die plaas nie gou sien nie.
Title: Re: Skoonma
Post by: PM on September 08, 2021, 08:54:12 PM
Kalmeer ouens, ons wil nou nie regtig aangekla word nie, wil ons?



Title: Re: Skoonma
Post by: PM on September 08, 2021, 09:56:03 PM
Ag Assie, jy kan maar daar by ons kom kuier by Leeupoort waar die bojane seefier.  Natuurlik is hulle koningskos al verrineweer hulle die hele blerrie plek.  Jy wil nie die gemors sien as die spul in jou huis kom teepartytjie hou het terwyl jy gou gaan inkopies doen het nie. 
Glo jy maar vir my, hulle tel daardie dubbel skuifdeur uit sy rame uit om toegang te verkry. 
As jy bobjaankak (skuus, daar issie 'n beter woord vir dit nie, wil sien en ruik, dan kom jy tuis en bevind jouself in die middel van die gemors. 
Assie, as jy dit nog nie beleef het nie sal jy nie vir my glo nie!  Dit is net kak waar jy kyk.  Teen die mure, op die vensterbanke, teen die gordyne,  op die beddens, net waar jy kyk.
Daar is nie 'n kas wat nie deurgeloop het nie.  Al wat 'n kasdeur is, is oopgeruk.  Al wat 'n blikkieskos is, is bebyt en beskuit.  Die eiers is afgesmyt en stukkend gebreek.  Die meelblikke is omgekeer en bestrooi, die hele vloer vol. 
Moenie vir jou verbeel hulle weet nie van yskas- en vrieskasdeure nie.  Daar is niks heiligs in die yskas nie.  Hulle weet sweet blouall van griekse jogurt of bloukaas nie, maar alle sal deurloop. 
Jy kan jouself indink hoe my hart gehuil het toe ek die pragtige antieke eetstel wat ek by  my moeder ge-erf het in flarde op die vloer gesien het. 
Maar nou-ja,  dit is mos deel van die natuur en wie is ek om te murmureer!
Nou wil ek ook nie jou kosbare tyd in beslag neem om van die blerrie ape te vertel nie.  Laat weet my maar as jy nog tyd het, want ek het nog 'n paar beswaarighede om van ontslae te raak. 
Title: Re: Skoonma
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2021, 11:11:25 PM
 :toothy4: Lagpil in vir die Donderdag (innige simpatie vir beide Assie en PM se situasies)  :icon_biggrin:
Title: Re: Skoonma
Post by: Assie on September 09, 2021, 06:15:08 AM
Ons moes al verskeie kere daai skoonmaakriel doen. Maar die bojane sukkel maar om kers vas te hou by regering.

 :mumum: