Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on July 05, 2011, 08:22:26 PM

Title: botswana deel 9 D
Post by: Lox on July 05, 2011, 08:22:26 PM
Dis sowat 70 na 80 km na Livingstone en ons het by die Waterfront gekamp. Die kroeg en eetplek het so mooi houtdek waar jy oor die rivier kan uitkyk.

Ons het die aand ‘n sundowner gaan drink op Albertus se verjaardag en ‘n pragtige sonsondergang geniet.

290 A Albertus seker sy mooiste sonsondergang op enige een van sy vorige verjaardae.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%209/290Aalbertussononder.jpg)

291 Mosi bier van Zambië, smaak goed maar ek is meer gewoond aan Tafel en Windhoek.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%209/291Amozibier.jpg)



292 en 293 is al 2 deur Faffa geneem.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%209/292Fsonsak.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%209/293Fsononder.jpg)

298 F bote op die rivier.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%209/298Fboto.jpg)

300 F groot gesondheid op 60 jaar en ‘n interessante dag agter die rug.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/botswana%209/300Fgesondheid.jpg)

vervolg: baie water
Title: Re: botswana deel 9 D
Post by: Stof on July 05, 2011, 08:31:20 PM
Dit lyk mos na kuier met 'n hoofletter K!
Title: Re: botswana deel 9 D
Post by: Lox on July 05, 2011, 09:13:24 PM
Dit lyk mos na kuier met 'n hoofletter K!

dit was heerlik en mens kan net 1 keer in jou hele lewe so bymekaar kom, al is dit al 7 mense weer op dieselfde plek, volgende keer gaan ons ouer wees dan is dit nie dieselfde nie.
Title: Re: botswana deel 9 D
Post by: Meraai vannie Baai on July 06, 2011, 01:38:42 AM
In die gees was ek nou vanoggend deel van die groot K kuier .... sodra ek kansie het, kom ek verder saam toer en geniet!!  :wave:
Title: Re: botswana deel 9 D
Post by: Lox on July 06, 2011, 07:55:06 AM
nie sommer almal kan sê hulle het hulle 60 ste verjaardag langs die zambezi met 'n mooi sononder gevier nie, en die lekkerste was die pelle wat saam was.