onthou-aande
'n kampvuur in die woestyn bly jou by ...
musiek het haar meegesleur
en die woorde haar week gelaat,
jou stem het 'n vuur in haar hart gelont
met die sterre-vonkel
het sy fyntreetjie-sirkels
rondom vlamme gedans,
teen jou deur die melkweg verdwaal
in jou soekende hart
verlig 'n maanligstraal die kleipot
waar haar naam rus, geëts
in opgerolde perkament
trom jy weer daardie musiek
verkrummel jou lewe,
doof verlange die lont uit ...
©adéle theron
Dat ek die klits kwyt is, is nie altemit nie, maar jou woorde laat my so aan Pieternella van die Kaap dink. Jy het altyd hierdie gawe om met woorde, beelde in my gedagtes neer te lê. Mag jy net nooit ophou skryf nie.