Die vroeƫ lentesonnetjie
se louwarm strale
is kwistig besig
om my ysbleek wintervel,
Bloeiselbloos te verf.
'n Ligte waas
van nuwe groen
duvet die winterlandskap
in 'n donswarm
van nuwe groei.
Soos 'n skoenlapperskokon
kraak die lente deur.
Ontvou sy kleurvol vlerke
oor winterkou
se dorheid.
Lenteliefde het ontwaak
Pragtig Naas, ek hou van die woordspeling. Knap gedaan.
Boektoe-woordeprag :icon_salut: :book1:
Dis Pragtig, die eerste vers laat 'n warmte binne my asof winter voete gekry het.
:angel12:
Een groot voordeel van die forum is - elke keer as iemand op die gedigte kommentaar lewer dan lees ek dit weer!
Dankie julle!
....pragtig, warm songevoel...
Adele het my weer na die gedig laat kyk en ek het 'n paar van haar voorstelle gevolg. Hier is weergawe 2
Die vroeƫ lentesonnetjie
se louwarm strale
is kwistig besig
om my ysbleek wintervel...
bloeiselbloos te verf.
'n Ligte waas
van vars groen
duvet die winterlandskap
in 'n donswarm
van groei.
Soos 'n skoenlapper se kokon
kraak die lente deur...
ontvou sy kleurvol vlerke
oor winterkou
se dorheid.
Lenteliefde het ontwaak.
:icon_bigsmurf: