Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on July 05, 2011, 06:43:57 PM
		
			
			- 
				Die vroeë lentesonnetjie
 se louwarm strale
 is kwistig besig
 om my ysbleek wintervel,
 Bloeiselbloos te verf.
 
 ‘n Ligte waas
 van nuwe groen
 duvet die winterlandskap
 in ‘n donswarm
 van nuwe groei.
 
 Soos ‘n skoenlapperskokon
 kraak die lente deur.
 Ontvou sy kleurvol vlerke
 oor winterkou
 se dorheid.
 
 Lenteliefde het ontwaak
 
- 
				Pragtig Naas, ek hou van die woordspeling.  Knap gedaan.
			
- 
				Boektoe-woordeprag  :icon_salut: :book1:
			
- 
				Dis Pragtig, die eerste vers laat 'n warmte binne my asof winter voete gekry het.
 :angel12:
- 
				Een groot voordeel van die forum is - elke keer as iemand op die gedigte kommentaar lewer dan lees ek dit weer!
 Dankie julle!
- 
				....pragtig, warm songevoel...
			
- 
				Adele het my weer na die gedig laat kyk en ek het 'n paar van haar voorstelle gevolg. Hier is weergawe 2
 
 Die vroeë lentesonnetjie
 se louwarm strale
 is kwistig besig
 om my ysbleek wintervel…
 bloeiselbloos te verf.
 
 ‘n Ligte waas
 van vars groen
 duvet die winterlandskap
 in ‘n donswarm
 van groei.
 
 Soos ‘n skoenlapper se kokon
 kraak die lente deur…
 ontvou sy kleurvol vlerke
 oor winterkou
 se dorheid.
 
 Lenteliefde het ontwaak.
 
 
 :icon_bigsmurf: