magrietjies
tot stof verpoeierde veldpaadjies
loop deur die afgebrande veld
'n aasvoël draal daar rond
as dood se reuk in 'n droë wind
opwarrel na die blou daarbo
dan vou wit magrietjies hul blare
wydoop tot ronde waaiertjies
skeppingsliefde van ons Vader
vir die mooi en kosbaar reine
as Hy sy Hand daaroor streel
©adéle theron
Soos altyd, pure leesgenot Matertjie. :notworthy: :hello2: :love7:
:coffee2: :love7: :coffee2:
Die kontras skreeu!
Jy weet hoe! Ek lief dit!
:love7: dankie :toothy4:
Ek dink ons moet hierdie die "Kontrasgedigstruktuur" noem. Wat sê julle!
Ek stem
:icon_bigsmurf:
Ek sien dat hierdie plasing al by die 1000 keer gelees is. Ons is erg "belese" hier op die forum. :angel7:
:hello2: dit kan werk
Dit werk reeds matertjie. :hello:
Lief dit!! Ons eerste nuwe digstruktuur in te lank se tyd :book1: :notworthy: :hello2:
Skouer aan die wiel! Pen op papier! Voorwaarts mars!