Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 27, 2018, 10:06:19 PM
-
My hart, Here, is onrustig
my pols klop in sarsies.
Die natuur is geduldig
maar ons kan ons kommer
nie aan U oorlaat nie.
Wat kan ons bereik
deur U hand te los?
Sou U ons roep
en ons draai doof weg,
waarheen dan ons voetstappe
waarheen ons roepe na geloof?
Hou my hand vas, Here,
dan gly ek nie uit.
Omsluit my pols
wanneer U my optrek
uit die klipskeur
en vleg U vingers deur myne
om U greep te verstewig
wanneer ek langs U
opklim op die ewige rots.
©adéle theron