Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: Bestuur on July 01, 2011, 11:49:59 AM

Title: Aarbeikonfyt
Post by: Bestuur on July 01, 2011, 11:49:59 AM
Toe ons by Lox en sy vroulief gaan koffie drink het,  het hulle vir ons elkeen 'n botteltjie aarbeikonfyt gegee.  Dit is heerlik.  Lekker dik konfyt wat nie van die broodjie na jou skootjie toe gaan nie.  Lox het nog ander produkte ook.  Hy kan dit in Centurion laat aflewer waar ek dit kan afhaal.  As een van julle nog daarvan wil bestel sal ek bly wees as julle hier kom sê wie wil wat hê en hoeveel daarvan.
Lox, kom plaas asseblief die inligting hier. 
Title: Re: Aarbeikonfyt
Post by: PM on July 01, 2011, 11:55:26 AM
Hannes is mal oor die konfyt Lox en hy bestel sommer klaar 12 botteltjies.  Gee asseblief die grootte en die prys en ook watter ander produkte julle het. 
Title: Re: Aarbeikonfyt
Post by: Lox on July 02, 2011, 02:06:22 PM
Die aarbei konfyt waarvan PM praat is in glas bottels.

die klein bottels is 350 gram en 290 ml inhoud, die grotes is 510 gram en 375 ml inhoud

dis 'n swak foto maar dit lyk min of meer so

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/desember%202010/27aarbei.jpg)
Title: Re: Aarbeikonfyt
Post by: PM on July 05, 2011, 02:58:45 PM
En daar het ons dit nou, sommer weer 'n forum om mee te speel!   :hello2:
Dankie vir die inligting Lox.  Die ouens kan nou kom sê of hulle ook wil hê.