naby my hartstuin blom grondbossies
se roserooi tiensent-blommetjies
en pointsettia in miniatuur,
'n sonskyngeel oordek die rankroos
wat oor 'n lendelam heining hang
terwyl raafswart flapvinke
en blougroen glansspreeus
hul gunsteling gras en bessies verorber
langs die goudvissiepoel krul varinglote
mintgroen, fluweelsag vir 'n dag of twee,
strek dan uit saam met kosbare disa
en heide teen die tropiese hange langs my;
'n kriekekoor oefen in die sampioenedorp
en oupa-uil skryf sy komposisie van Hoop
teen die suile in my groene skadutuin
omring deur sipresse vol groeiende Geloof
©adéle theron
:hello2:
Pragtig Adele, ek het hom sommer op kampforum gaan deel as jy nie omgee nie. Ek dink die mense daar kan doen met mooie kuns woorde.
dankie, jy het my skoon verleë, maar ek waardeer dit oor 'n duisend.
Jy mag maar skryf mater, sonder twyfel!
:love7: :notworthy: :icon_salut:
Ek het daardie prag saam bewonder. Knap tot lewe gebring.
DAnkie julle liewe maats :love7:
Na 'n duisend lesings kom ek ook nou hier aan en ek :hello2: juig oor jou pragtige gedig. Dit is werklik mooi my lief vriendin.
:love7: :love7: