Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 30, 2018, 07:47:49 PM
-
uit ons mosaïeknote
en hier sit ek met
’n veer en ink
en mymer oor
ons jare saam…
daardie eerste skugter
weke het jy mos met
suiwer sy geraam
en dit later in ons
hartsmuur ingevleg
hand aan hand deur
die lang gras gestap
gewonder hoe lyk
die plato se ander kant
in ’n koelgroen kloof
het jy wondersade
aan jou geliefde
akasia ontdek
een oopgebreek
en die vonkels in
die lug op gegooi
en asof onder
sterrereën se skitter
het liefde om ons
gesirkel en met
jou vreugdelag
’n strik om ons voltooi
©adéle theron
-
:book1: Jy was 'n slagoffer van die woorddief :notworthy:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.0
-
:love7: :love7: