Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 16, 2018, 10:05:48 PM

Title: Maar iewers het ek guns gevind
Post by: adele on August 16, 2018, 10:05:48 PM
Maar iewers het ek guns gevind, soos Dawid van ouds
ek is net baie kleiner, in nederige sandsteen gebou
die sement tussenin, is die oneindige liefde van Jesus
Hy het sonstrale gaan haal, hul na my grot gebuig
en iemand gestuur, met liefde my daaruit gelei
wie is ek dan, o Heer, nietig ek, as dit nie was nie vir U
genade en verlossing en ek, 'n dissipel in die vreugde
van Hom wat red en lei, geen ander weg vir ons
as u voetspore nie, en halleluja, ons juiglied tot u eer!

©adéle theron
Title: Re: Maar iewers het ek guns gevind
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 10:51:20 PM
 :notworthy: :icon_salut: