Personifikasie ('n vorm van beeldspraak) kan ingespan word om natuurverskysels/diere/plante of abstrakte voorwerpe, toe te dig met menslike eienskappe. Dit is een van die digter se geurigste kruie en speserye.
Insomnia
Hekse in stergewaad
verrys vanuit gapende grotte
slu swaai towerstokke onverpoosd
slaap verdwyn; sluip tussen donker skare
van sekondes, minute, ure en sterf dag vir dag
in triomferende sirkelgang nimmereindigend
Asemdief
As ongenooide gas
het jy jouself stil-stil kom tuismaak
in hartskamers en longare is lewenskwaliteit verkrag
sonder kaart of transport het jy terminaal teen (m)ure geverf
met organiese plundertog word elke asemteug geboeie agtergelaat
en in appèlhowe ontvang jou verslae slagoffers hul lewenslange vonnisse.
Uitslag: (Ab)normale selle
Daglig - slegs 'n tonnel
na die duister van onsekerheid
en vrees - 'n serp, geweef
met die laaste kleure van die son
wat wurg om menswees krom;
die maan - 'n sekel teen die hemel...
Rolbos tolbos
Winde uit vergange pluk verwoed
aan snare van tolbos emosies
wat prikkend, steeks bly kleef
teen menswees-heinings broos
waar onkruidgedagtes
stekelrig opgehoop, vrede verlam
maar laatreën baar weer seën
en hoop ontkiem vlindersag uit die niet.
© Meraai vannie baai
Pragtig. Ek sal moet slaap oor die een. :hello2: :love7:
:icon_bigsmurf:
My plek geboek Naas :notworthy: by voorbaat dank :icon_salut:
Hierdie twee strukture was saamgestel uit 'n bydrae wat ek op FB by die asemdief-blad wou plaas en toe daarteen besluit het omdat dit te persoonlik gevoel het :icon_biggrin: Vanoggend het ek die moed bymekaar geskraap en dit wel geplaas, asook by die PH artikel hier op die forum.
Snoesig toegevou in 'n Hoopkaros
trippel hartseer lyne
vanoggend
deur my beenkamer
terwyl omgee kinders
emmers water
deur oogvensters stort.
:icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf:
O my glorie, ek is so ongelooflik dankbaar dat ons weer woel met strukture anders was hierdie skepping van jou dalk nooit gebore nie. Na ek gelees het, sit die ouvrou met haar hand voor die mond en sluk teen 'n knop in my keel.
:book1: :hello2: :notworthy: :icon_salut:
Julle is te oulik! Moet net nie ophou nie!
Ons wag op jou voorbeeld forummoeder PM :`ip2: :nono: :book1:
Julle is uitmuntende skrywers en ek voel net 'n poep en 'n baksteen hoog in vergelyking. :notworthy:
Lees ek oor 'n gas se skouer en gaps hierdie pragtige voorbeeld van Angelica :book1: :love7: :hello2:
Gisteraand se geheimpies
Geheimpies vou oop
soos goggavlerkies
terwyl die nag sy spikkeltjiekleed
teen die hemel gooi
Swarovski op blou fluweel
Die maan kyk nuuskierig toe...
skud net sy kop
©
Geniet ek weer. :love7:
Ons eie Langenhoven Naas het 'n pragtige gedig vasgepen en dit is nou gegaps om ook hier te deel by ons personifikasie struktuur. Ek is gaande oor die gemaklike rymvorm.
In die lande vol gewasse
dans die krieke met kamaste
en die lieven heren besies
gooi hul lyfies rond in essies
In stokkerige aandag rye
staan kaalgat wingerde op wag.
Terwyl die goudgeel canola koppies
reeds brander in hul lentedrag
buig die grasgroen koringlande
laag onder sappig waterdrag.
Berge met hul koudwit koppe
kyk statig oor die kleureprag
waar eersdaags lente vreugde
vir koue winterweer sal lag.
©
Jou ou doring! :notworthy: Ek wens ek kon so mooi skryf. :dontknow:
'n sonstraal trippel rond
op die kleindorpie-werf,
klop aan 'n venster
om die slaap binne te bederf,
wanneer die wind
liggies aan die gordyne pluk
klim hy skelm deur
die venster, heel in sy skik!
in die koel oggend
kom sprei hy wyd oor ons
en koester ek die liefde
wat uit jou oë tot in my hart bons.
© Adéle
:toothy4: :book1: :notworthy: