Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Lox on June 30, 2011, 08:11:36 AM

Title: gamkaskloof
Post by: Lox on June 30, 2011, 08:11:36 AM
Ek en Malherbe en my een buurman Albertus was in Nov 2006 in Gamkaskloof.

Ons het Vrydag oggend by die huis vertrek en min of meer middagete op Prins Albert aangekom. Ons het daar mense ontmoet en hulle genooi om saam te kom middag ete eet in swartbergpas.Nogal kreef vir voorgereg gehad.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/01-1.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/02eetkreef-1.jpg)



Daarna verder die pragtige pas op gery en hierdie foto langs pad geneem.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/03boopswartbergpas-1.jpg)




ek het maar 'n ander foto van die pas daar af geneem want die gewone uitsig oor die pas sien mens baie.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/04helsepad.jpg)


ons het nie in een van die huisies gebly nie maar wel gekamp.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/05kamp.jpg)

die aand het ek net 1 steak op die vlamme gebraai, rump wat 3 1/2 cm dik was en 1,8 kg geweeg het.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/06steakbraai.jpg)

volgende dag so bietjie rond gery en kyk.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/07voorskool.jpg)

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/08rydeurwater.jpg)

by die veldwagter ( ek dink dit was Zantie ) en sy vrou gekuier en baie interessante stories gehoor en ek het vergeet om hom en sy vrou af te neem. hier is foto van die eerste kar wat daar afgedra was.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/09eerstekar.jpg)

4x4 was nie juis beskikbaar nie

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/104x4insand.jpg)


so het die kar gelyk toe hy in die Paarl raakgesien is en gekoop is om kloof toe te vat.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/11karagter.jpg)

nog een wat sy laaste rusplek gevind het

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/12trekker.jpg)

en al wat van die karretjie oorgebly het

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/13karoorblyfsels.jpg)

Annatjie se kiosk

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/14kiosk.jpg)

en haar wingerd


(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/15wingerd.jpg)

zantie se stookketel

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/17stookketel.jpg)

en Annatjie se helse lekker kos. ons het nie daar geƫet nie het laat ontbyt gemaak en toe weer vertrek.


(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/15wingerd.jpg)



ongelukkig was ons tyd min gewees en kon ons net die een nag daar slaap.
ons het naby Calitzdorp op Kruisrivier gekamp. dis aan te beveel. baie netjies en vriendelike mense.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/18kampopkruisfontein.jpg)


ablusie is baie skoon en netjies.

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/19ablusie.jpg)


nie vreeslik baie staanplekke nie maar wel genoeg

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/20kampkruisrivier.jpg)

Sondag op pad huistoe het ons ompad gery deur Seweweekspoort en hier vir 'n koue bier gestop

(http://i212.photobucket.com/albums/cc83/ABRossouw/die%20hel/21seweweekspoort.jpg)


Title: Re: gamkaskloof
Post by: PM on June 30, 2011, 08:47:39 AM
Dit is hier waar 'n ou nie haastig moet wees nie. 
Title: Re: gamkaskloof
Post by: Lox on June 30, 2011, 09:43:34 AM
'n naweek was te kort moes 5 dae wees in die kloof