uit my seepkissie van vier jaar gelede 2014
om die dag te groet
het die natuur
sy wolkkombers ingeboet
en sonlig gestuur
duisend druppels dou
hang skitterblink rond
en grondeekhorings grou
wortels rond en bont
alles is sopnat
na vyf dae se reën
maar ons gaan nie kla
oor die Here se seën
©adéle theron
Ek ruik die seeninge :love7:
Pragtig matertjie. Ek geniet jou skrywe soveel meer omdat dit hier by ons ook lieflik groen is. :hello: