Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on December 06, 2017, 06:04:19 PM

Title: Oorlog in haiku
Post by: adele on December 06, 2017, 06:04:19 PM
Oorlog in haiku

jare in oorlog
skans en loopgraaf vol vrese
kindwees daar verloor

aanvalle trotseer
terugveg en agtervolging
oorgrens se spoorsny

mortiere val neer
in hinderlaag vasgevang
lewens verlore

reëntyd of winter
beproef emosies en krag 
tot jou uiterste

einde onverwags
bevele ineens gestaak
hulploos vasgevang

verraad geteken
in eie belang jou land
gevoelloos bedrieg

©adéle theron
Title: Re: Oorlog in haiku
Post by: Meraai vannie Baai on December 06, 2017, 10:58:04 PM
Skitterend!!