Vrou van nagte
noem hulle jou
'n skarlakengewaad
om jou lyf gevou
soos Ragab van ouds
skynglimlag jy bedags
die seer in jou oë
net sigbaar vir hulle
wat kyk tot agter jou hart ...
Waar het dit begin
wie het jou aangeraak
jou vrou-vreugde gesteel
geleer om só te betaal?
Vandag hang jou emosies naak
voor hom wat jou verstoot
moet jy rietlootjies soek
om te kies waarheen jy
jou nuwe lewe moet loop ...
Jy hoor 'n stem roep
oor die eensaamwoestyn
vlug na die skadu van 'n kruis
maar Hy vind jou daar
en trek jou teen sy bors
vee jou trane af met sy Kleed
jou sondenagte verdwyn
geen skuld en afsku meer
Ewig gaan sy Son oor jou skyn ...
©adéle theron
Vergifnis wat skoon was :notworthy: