Die seer van rebellie en opstande
lê diep in ons ingeprent;
in tye van politieke onrus
soos pyn van hom wat kanker het.
'n Worstelstryd met God-
nie hoekom of waarom nie, Here
maar, klim af van jou perdjie
omdat jy ook ry op die swaarkrywa!
Dis 'n boodskap om aan hom
wat jou pad kruis, oor te dra.
©adéle theron