Dit was veertig jaar gelede
en met stilraak langs die water
verbeel ek my soms
daardie goud was
nie net klater
het ons besef 'n toekoms kon wink,
'n wêreld buite die mure
van konvensies
en sosiale stand?
©adéle theron
As hierdie twee verse die inhoudsopgawe van 'n boek was, het ek dit dadelik my eie gemaak :notworthy: :icon_salut:
Raaitjie ... :love7: