In 'n wildevy met takke wyd uitgestrek,
sy skaduwee 'n koele sekerheid
oor rots en tuin,
sit 'n oupa uil
lewenskennis wil hy graag deel
maar verwonder hom aan kinderspel
vol aggressie,
anargisties,
soos parasietlote planloos
deurmekaargevleg
tot 'n smeulende kooltjie ontvlam;
hy laat sy wysheid agterweë
en sprei sy vlerke ...
laatnag keer hy terug
maar die stam is sonder bas
en die blare versmoor,
- die spel het in woede verstrik.
©adéle theron
Jy skilder met woorde liefste mater van ons :love7: