Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Marinda se plek => Topic started by: Marinda Kemp on August 31, 2016, 09:08:35 PM

Title: Boodskapper van Empireum
Post by: Marinda Kemp on August 31, 2016, 09:08:35 PM
In droombeeld langs helder waterstroom
buig simboliek by klippe vroom
lewegewend – die stoflike liturgies vergewe
tussen varingmos groei menseboom


ernstig die boodskapper met haar somber tyding
eerbiedig sy die opdrag van enkelbegeleiding
in gedagtegang verduidelik sy – empireum
word verlos die onstoflike in bevryding


©Orange Blue
Title: Re: Boodskapper van Empireum
Post by: Ans Botha on October 05, 2016, 12:01:21 PM
Merkwaardig mooi. Dankie vir die leesstukkie ek het dit geniet.
Title: Re: Boodskapper van Empireum
Post by: Marinda Kemp on November 03, 2016, 12:06:04 AM
Dankie Ans  :love7: