verskeur
stukkend
tussen stofdrade hang repe
van haar geheue ...
sensuur het jy
om haar keel geknoop,
haar stem in aalwyn gedoop
nog 'n jaar in lewens-misoes,
jou skuld teen kaal populiere
vasgewaai
rooi druppels haat
vernietigend agtergelaat
'n stom kopskud -
meng jou nie
met aardse semels,
geboei en gegesel
sy was maar kind nog!
©adéle theron
Ai dit is so mooi vasgepen mens kan so baie lees en verskillend verstaan hieruit.