Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Marinda se plek => Topic started by: Marinda Kemp on August 16, 2016, 07:32:05 PM

Title: "My kinders is nie hondjies nie"
Post by: Marinda Kemp on August 16, 2016, 07:32:05 PM
Vir Sintie

 

Trou is nie perdekoop

duurder as karkoop

meer plesierig as embuiakoop

na ‘n troue se

a

f

l

o

o

p

 

 

“’n slukkie water?” (moederstem liefdevol sag )

tweejarige boudjies op ‘n bakkiebuffer

in goedige luim: ons moet aanstoot

misgissing  ‘n

f

l

u

i

t

 

 

‘n draai in die pad

(weer) ‘n dringende fluit – te laat!

‘n trein,

bakkie

g

r

o

e

t!

 

 

lappop-liggaam

g

e

s

l

i

n

g

e

r

op die spoor

gulsig vreet die ystermonster

geskend geskeur moederlyf

 

 

‘n vader

paniekerig soekend

verligting

v

e

r

s

u

g

t

i

n

g,

dankbaar die lyfie ongedeerd

 

 

twee ogies gerig op

karmosyngevlekte hoop

ingeduik,

g

e

s

k

e

u

r

“waar’s mamma?”  (‘n vraag  wat geen vaderoor wil hoor)

 

 

van staden jy’s van joue spoor!

my vrou mag sing in

e

n

g

e

l

k

o

o

r,

 

my dogter sal nooit joue word,

my kinders is nie hondjies nie.

 

 

stiefma se swaard verwond,

kinderlik die wens – die dood was ook haar part,

verleë

v

e

r

d

e

e

l

d

‘n vaderhart,

sy oë smeek: “jy is jonk verdra nog net die maal”

 

 

afrikahond

se soene heel

‘n kind in haar onstoflike

v

e

r

w

o

n

d,

in haar eie wêreld gekeer.

 

©Orange Blue

 

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie