Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 15, 2016, 03:41:45 PM

Title: hy wou op prinse nie vertrou
Post by: adele on August 15, 2016, 03:41:45 PM
'n ou argiefgriffel, bietjie geskuur en geskaaf ...

hy wou op prinse nie vertrou
en bedwelmd proe aan die soet
vir aardse besittings nie

word dit van hom weggeneem
en sy liefdeskruk
en geloofspilare wankel,
hoor hy ’n koor weer sing ♫

moet op mense
jou hoop nie bou nie ♪♫

gaan staan hy langs ’n braambos
ruik hy bas en blaar wat ongeskonde
in rook en vlamme hang

sien hy ook ’n stuk growwe hout
met klam kolle
donkerrooi gevlek

maar by die voete van ’n engel
voel hy aan droë grafdoeke
en weet hy met dankbaarheid

vir sy liefde in Christus word hy
met Ewige heerlikheid beloon

©adéle theron
Title: Re: hy wou op prinse nie vertrou
Post by: Ah Willa on August 15, 2016, 06:59:32 PM
WOW - enige iets meer sal nie reg doen aan die diep woorde vvan jou nie ..
Title: Re: hy wou op prinse nie vertrou
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2016, 12:17:34 AM
 :icon_salut: :notworthy: :book1: