sy stap langs die kantval
wat die wye see omsoom
voordat dit uitrafel
in die nat sand;
stom tel sy skulpies op
om haar verbeelding
in prentjiestories
aanmekaar te plak
en met bewende stem
verhaal sy haar
lewensintriges
oor die oseaan,
in ongerymde liriek en noot
©adéle theron
Dit is so mooi! Lief vir jou Adele.
:love7: drukkie vir jou!
mooi gestel : see uitrafel
prag gedig