Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on August 08, 2016, 09:24:29 PM
-
Vrou, gesalfde van die Heer,
as koue angs jou vasgryp
gaan stap jy op warm koraalriwwe
en pluk die sagte kleure
om teen die rein
van jou hals te hang.
Jou voete glip in tussen bandjies
van fyngeweefde varingloof
met wit klokkieblomme
en goue randjies
van 'n donker wolk, om vrees
in die skemer agter te laat.
Waar God se fluisterwind draal,
spat jy die geur van katjiepiering
teen die sagtheid van jou kuiltjie
en die klop van jou polse,
om by sy voete te gaan sit.
Dan sorg Hy vir liefde
en ewige vergifnis…
met syspinsel en sagte woldraad
weef engele in die Hemel 'n kleed
en self sal Hy vir jou,
sy kind, daarmee klee.
©adéle theron
-
Pragtig geskryf Adele. Ek sien die prentjies wat jy skets.
-
dankie vir saamlees :love7:
-
Wow en Amen is al wat ek kan uiter op die mooiste mooi gebed-gedig van jou perêl vriendin!