Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 30, 2016, 03:08:53 PM
-
Klip omhels
die voortstu en beur van `n enkele blom
wat sy pad dapper oopbeur deur harde grond
om sonlig te vind
fyn is hul aanmekaar
met maagdelike skoonheid geweef
betowerend verleƫ
staan jy
elke sekonde
`n leeftyd se gee
in jou gedagte-rugsak veilig
om telkens langs die lewenspad
in woorde uit te pak
-
Dit teken prentjies en laat 'n mens stilstaan vir nabetragting. Pragtig matertjie.