Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Elsabe => Topic started by: Elsabe Oosthuizen on June 03, 2016, 02:03:43 PM

Title: Die lewe is `n gedagte lank
Post by: Elsabe Oosthuizen on June 03, 2016, 02:03:43 PM
Die taal wat jy praat
weerspieël sonskyn of onweer inderdaad
kwetsend     verwond
laat letsels terstond
verwoestende vure soos ongebluste veldbrande
smeul tot `n volgende keer
laat oorloë sonder paraatheid
verlate    kaal    eensaam
broos    verflenterd
verkluim teen wind en reën
sonder mentor versoening byeen
verskeurde saamwees van
verlore nikswerd herfsblaarure
`n lewelose woestyn
of
bring `n glimlag uit die hardheid
laat `n blom ontluik
met geur na wille keur
spreek poësie    klink na harmoniese melodie
bring verstaan tussen lyne heen
versadig die hart vervul met vreugde
laat jou siel fladder van liefde
deur seisoene word jy met liefdevolle Hande gedra
hou jou staande te midde van alles wat pla
keuses bring `n nuwe droom    vergifnis
met passie leer jy verdra
kies jy kwetsende woorde ingeryg
in plaas van gesnoer met liefde
wat pragtig pryk
Title: Re: Die lewe is `n gedagte lank
Post by: Naas on June 04, 2016, 08:37:04 AM
Wat 'n pragtige woordles.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die lewe is `n gedagte lank
Post by: Meraai vannie Baai on June 04, 2016, 09:18:00 PM
 :notworthy: :icon_salut: :icon_cheers: Prrragtig!
Title: Re: Die lewe is `n gedagte lank
Post by: Ans Botha on September 16, 2016, 08:56:22 AM
Toe ek die gedig sien dog ek "Ai so 'n lang gedig met lang sinne!" Wat 'n verrassing! Elke lang sin het net sin gemaak. Geskryf of dit vir my geskryf is. "n Pragtige wonderlike gedig met net die regte woorde op die regte plek op die regte tyd. Dankie ek het die gedig baie geniet.
Title: Re: Die lewe is `n gedagte lank
Post by: PM on February 01, 2018, 07:05:02 AM
Oor die driehonderd keer gelees en ek kom nou eers hier aan.
Ek stem, dit is werklik uitstekend gedoen.  Treffend.  Dankie vir die deel matertjie.