Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on April 26, 2016, 10:31:59 PM
-
sommer net ... :toothy4:
ja toe, so het die dag begin
’n gat vir ander gegrawe
toe val jyself pens en pootjies daarin
gedink jy gaan hom skaakmat sit
sy oordeel geen uitkoms bied
toe kom daar dadels van
wolf in skaapklere het jy
stories rondom sy karakter versprei
maar iemand het snuf in die neus gekry
so het jou planne geboemerang
en jou leuens en fyn uitgewerkte planne
is aan die groot klok gehang
dis ’n bitter pil om te sluk
maar deur skande en skade
sal wysheid nou hopelik jou dade beperk.
©adéle theron
-
:hello2: :icon_salut: Boektoe gesegde-verse hierdie mater!
-
Pragtig Adele. Ek lief dit.
Dit laat my dink aan die wonderlike dae toe ons heerlik gespeel het met hierdie gesegdes. Dit moet beslis opgeneem word in ons grafieke!