Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on March 16, 2016, 06:33:16 PM
-
Ek deel graag hierdie onverwagse nuus...
Ek was nog nooit lid van die VLU nie. Die tak op Ventersburg is een van die kleinste in die Vrystaat [soos ek verstaan] en hulle doen baie goed met hul jaarlikse deelname wat blykbaar alle kunsvorme en handewerk ens insluit. [ek leer nou so tussen die lyne ...]
Verlede jaar November bel vriendin Annatjie my met die versoek dat ek vir hulle 'n prosa/skets [kan nie mooi onthou nie] moet skryf. Hulle verloor altyd punte op daardie item. So stem ek in en ek het wel al 'n paar idees in my agterkop bymekaar gemaak maar vergeet toe daarvan. "n Rukkie gelede kontak sy my en vra of dit klaar geskryf is. Julle, toe griffel ek daardie 'moeilike' tema met tussen 300 en 350 woorde. Enige iets is mos moeilik as dit 'n opdragwerk is.
Seisoene van my Lewe.... en e-pos dit vir haar, maar vergeet toe weer daarvan. Ek het werklik gehoop dit sou hulle net die paar punte besorg wat hul nodig het om vir 'n keer eerste te kom.
Verlede Saterdagmiddag bel sy toe met die nuus dat ek nou moet aansluit. My prosa het daardie oggend op hul konferensie in Welkom eerste prys gekry met 90% en moet nou later in die jaar in Bloemfontein na die provinsiale kongres toe gaan. En JA! hulle het nog 'n rits ander eerste en tweede plekke verower en loshande gewen!
En ek haat die kollig, julle weet dit nou al. So weet ek nog nie wat om te doen nie. Maar nou ja .... julle is deel van my griffel-liefde se fondasie ... :love7: :love7:
-
Dit is wonderlik! Soooooo baie geluk. Stywe drukkie. My borskas swel van trots. Gelukkig my PJ's nie knope aan nie :hello2: :notworthy: :icon_salut:
-
nederige dankie-knieknik liefste Meraai xxx
-
Hier is die verslag van my VLU prosa
-
Oe ek is te dom om verslag op te spoor. HELP sebliefie vir ou dommie :icon_bigsmurf:
-
hi Meraai, skuus ... ek het dit as 'n foto opgelaai maar as dit nie by jou wys nie, weet ek nie wat verkeerd is nie ... :dontknow:
-
Baie baie geluk matertjie, ek is sommer ook trots op jou. Wat 'n pragtige verslag en baie dankie dat jy dit met ons kom deel het.
Wat wo! Jou werk verdien om in die kollig te wees, hou dit daar. Ek hoop jy het reeds aangesluit!
-
hie hie, het nie juis keuse gehad nie, my vriendin het dit reeds vir my gedoen.
-
Sonder ons vriende is ons nie juis iets werd nie! Ons het mos "weird" groot geword. Jy mag mos nie sê dat jy goed gedoen het nie. Dit is taboe! Nou spog jy! Iemand anders moet vir jou krediet gee, of jou beuel blaas.
Ek dink 'n mens werk aan 'n werkstuk totdat jy tevrede is en dan weet jy dat dit goed is. Dan skryf jy ook in vir 'n kompetisie, want jy hoop dat jou poging goed genoeg gaan wees.
Eerstens moet ons in onsself glo, anders is dit nodeloos.
-
:love7:
-
Ek glo in jou Vriendin. Werklik!
-
:hello: Baie geluk! :love7: