Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Marinda se plek => Topic started by: Marinda Kemp on January 26, 2016, 11:35:48 PM

Title: Vir Randall
Post by: Marinda Kemp on January 26, 2016, 11:35:48 PM
Nie vaarwel


Soos 'n gemsbok smag,
soekend na watergat en vind
in dorre kalahari,
tevrede rus by soetdoringbome,


soos 'n ribbok
op die randjies,
naby sterretroon
by sy voete,
in sagte strale van die maan,


het jy sielerus gevind
in sy sonnestraal
spelend deur die wolke
na die reën in 'n veelkleur kralebaan.


klink sag jou psalm,
'n lofsang in sy oor,
lei jy nou die hemelkoor
in goddelike liefde omarm.


'n handskud,
omhelsing net vir nou,
groet ons jou,
vertroos deur die wete
"dit is wel met jou siel".


©Orange Blue
Title: Re: Vir Randall
Post by: PM on January 29, 2016, 12:38:01 PM
Baie mooi geskryf Marinda. 
Title: Re: Vir Randall
Post by: Marinda Kemp on March 29, 2016, 07:37:05 PM
 :love7:
Title: Re: Vir Randall
Post by: Meraai vannie Baai on March 29, 2016, 11:21:23 PM
Lieflik!!
Title: Re: Vir Randall
Post by: Marinda Kemp on August 16, 2016, 07:21:15 PM
Dankie