Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Marinda se plek => Topic started by: Marinda Kemp on January 26, 2016, 11:31:50 PM

Title: ter nagedagtenis
Post by: Marinda Kemp on January 26, 2016, 11:31:50 PM
Randall


Swaar om afskeid te neem,
as die hamer se stem
verstil,
in jou hand bly koper ongeplet,
die kole hul rooirokke swaai,
wanneer die blaasbalk sy asem oor hul waai.


jou hartlam in 'n songeel rok,
lippe rooi granaat verklap haar hart se aard,
wimpers blink gedou,
as die nag sy mantel om haar geliefde vou.


jou vader 'n dopper
so ook jy,
met kakiehemp en beesvelbroek,
jou woorde drup in harte
uit soet heuningkoek.


die oggendstond sluip nader,
die afskeid onkeerbaar,
ek sou kon wens
dat hy jou lewe verleng,
om jou hartlam se onthalwe.


die blaasvlam rus,
by kole dood gesus,
o jou hart se lam
dans met haar rooi rok,
die dans van jou aardse reis.


jy klim uit khakihemp en beesvelbroek,
in nuwe gewaad
met koper wandelstaf,
vee jy oor jou baard as jy groet.


jou oë vertel
liefde is die kleur van granaat,
jou lippe belowe
liefde soeter as heuningkoek,
jou arms wys
uit liefde het hemelse vrede verrys,


ligvoets jou voeteval
oor kalahari-duine dal,
laag het jy voor die here gebuig,
'n gemsbokram wie se dag verbygaan,
in eerbied laat hy sy sierlike horings sak.


©Orange Blue
*gedeeltes van sy lirieke hierin vervat.
Title: Re: ter nagedagtenis
Post by: PM on January 29, 2016, 12:40:23 PM
Jy kan maar, want jy kan. 

jou woorde drup in harte
uit soet heuningkoek.
Title: Re: ter nagedagtenis
Post by: adele on February 18, 2016, 03:28:15 PM
Hy was trots op jou woorde ook en sou hierdie waardeer het
Title: Re: ter nagedagtenis
Post by: Marinda Kemp on March 29, 2016, 07:32:27 PM
 :love7: Dankie Pm, dankie Adele. Jammer ek so afwesig hier, energie ontbreek ...
Title: Re: ter nagedagtenis
Post by: Meraai vannie Baai on March 29, 2016, 11:20:51 PM
Pronkwerk!!  :notworthy: :icon_salut: :hello2:
Title: Re: ter nagedagtenis
Post by: Marinda Kemp on August 16, 2016, 07:20:37 PM
Dankie  :angel4: