Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Marinda se plek => Topic started by: Marinda Kemp on January 26, 2016, 11:26:15 PM
-
‘n tafel is gedek,
wit en swart,
sy eie aan ‘n kant,
bloedmaan hang kuip op westerand.
‘n slagveld opgestel,
konings stuur pionne -
kanonvoer na die hel,
seer het so gewil.
‘n troffel in messelaarshand,
kul ‘n volk hier, daar –
sie’ daar
geen omdraai kans.
rooi die grond,
afgestorwe vlees,
‘n nuwe wêreld
sonder gees.
©Orange Blue
©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie boek mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
-
Marinda, ek sou graag wou hê jy moet hierdie gedig aan my verduidelik. Ek lees allerhande goete hieruit, maar sal graag wil weet wat jy hierby bedoel.
-
Haai Marinds, hier kan ons lekker koukus. :coffee2:
Ek wil ook graag weet. :love7:
-
Liewe PM, Adele,
Hierdie gedig handel oor die rasverskil, mense weerkante van die kleurgrens wat rassehaat en butgeroorlog aanjaag pm Siener se profesie te vervul. Bouers van onheil, mense wat hul haat op ander wil afforseer, mense wat nie weet hoe oorlog regtig lyk nie.
-
WOW! :icon_salut: :notworthy:
-
Dankie vir die verduideliking. Jammer ek is so laat.
Dit laat my geweldig baie dink aan die boek van Ken Follett, "The Pillars of the earth", alhoewel dit te doen gehad het met die rykes en die armes. Dan wonder ek, wat is die verskil?
-
Dink nie daar is 'n verskil nie. Oegh en vergewe my die vingerglipse met Adele se antwoord. :love7: