Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on December 20, 2015, 07:56:15 AM

Title: Welkom
Post by: Naas on December 20, 2015, 07:56:15 AM
Jou wye glimlag verwelkom my
‘n vreemdeling in jou poorte
As jy my in vriendskap vou
Voel ek dat ek hier hoort.
Waar koffiegeur hang
tussen vriende
en lekker
gesels
deur.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Welkom
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2015, 08:14:43 AM
Wens ek het woorde wat regtig kan beskryf hoe die oues van dae jou bydraes geniet Naas  :hello2: En die struktuur wat jy gekies het hierby, perfek! :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Welkom
Post by: adele on December 20, 2015, 10:41:03 AM
mooi Naas, hoe kriewel die nonnet-gogga nou ook weer onder my tone   :hello2:
Title: Re: Welkom
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2015, 10:49:52 AM
En vir ons lesers wat wonder wat is 'n nonet  :icon_biggrin:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=319.0
Title: Re: Welkom
Post by: PM on December 24, 2015, 07:51:46 AM
Laat Nonet my aan 'n nonnatjiesuil dink en wonder ek nou of jy hierdie laatnag geskryf het Naas.