Jou wye glimlag verwelkom my
'n vreemdeling in jou poorte
As jy my in vriendskap vou
Voel ek dat ek hier hoort.
Waar koffiegeur hang
tussen vriende
en lekker
gesels
deur.
:icon_bigsmurf:
Wens ek het woorde wat regtig kan beskryf hoe die oues van dae jou bydraes geniet Naas :hello2: En die struktuur wat jy gekies het hierby, perfek! :notworthy: :icon_salut:
mooi Naas, hoe kriewel die nonnet-gogga nou ook weer onder my tone :hello2:
En vir ons lesers wat wonder wat is 'n nonet :icon_biggrin:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=319.0
Laat Nonet my aan 'n nonnatjiesuil dink en wonder ek nou of jy hierdie laatnag geskryf het Naas.