Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on December 20, 2015, 07:38:25 AM
-
"Ou Rabe" het ons hom met eerbied agter sy rug genoem. As ek vandag terugdink aan daardie dae dan besef ek dat ek nou ook al "Ou Naas" geword het.
Ek onthou hy was die dosent in beheer van die vierdejaar mans se kleedkamers. Hy het die dag weer uitgevaar teen die ouens wat nie so lekker mik nie en dan die hele wêreld rondom die voortjie nat mors.
"Ek is seker dis die lang ouens met die kortetjies wat so mis" was Rundu se kommentaar. (Rundu was nie die langste ou in die klas nie)
"Nee. Ek dink eerder dis die kortetjies met die langes se skuld" komende van Ou Rabe.
Die beslissende antwoord kom van Dirk se kant. "Dit is die manne met die sproeikoppe"
Ja. Ons kon regtig lekker met Ou Rabe oor die weg kom. Maar die einste Rabe het baie keer vir my lewenslesse geleer wat ek vandag nog onthou. Partykeer oortree ek daardie lesse maar wanneer die Po Po die waaier slaan en die pitte spat, onthou ek Ou Rabe se lewenswyshede.
Een so 'n les was dat 'n mens homself en sy perke moet ken en sy lewe daarby moet aanpas. Ek wil nie die gepaardgaande storie hier herhaal nie maar dit het 'n geweldige indruk op my gemaak. Dit kom daarop neer dat jy ambisieus moet wees, maar ook jou perk moet ken. Wanneer jy weet dat jou volgende bevordering jou vermoëns gaan oorskry moet jy dit eerder van die hand wys. Sou jy dit nie doen nie gaan jy jou Roebie kon oorsteek. Dit gaan tot gevolg hê dat jy van daar af aan konstant bo jou vermoëns moet presteer. Jy gaan op die ou end nie gelukkig wees nie en dit wat jou menswees bepaal, gaan jy verloor. (En hoeveel mense rondom my sien ek nie in daardie situasie nie.)
By Ou Rabe het ek ook die eerste keer die gesegde gehoor van, "Die gras is groener anderkant die draad omdat die stront daar dieper lê."
Ek dink 'n mens kom baie keer by die Roebie rivier uit, sien die groener gras aan die ander kant en swem dan deur sonder om oor die nagevolge te dink. Dan kom jy na 'n ruk agter jy staan nou kniediep in die stront en jy wonder. "As ek die stront betyds gesien het, sou ek daar by my Roebie kon omdraai?
Die antwoord op daardie vraag kom soos spyt. Altyd te laat. Wanneer jy daai vraag vir jouself vra het jy klaar jou menswees verloor.
Aai! As ek maar daar by 'n paar van my Roebie konne kon omdraai.....
:icon_bigsmurf:
-
WOW! Wyse woorde voorwaar ou Naas :toothy4: Lekker gegiggel vir die korrelprobleem van die manne. Lank en kort. Met vier kleinseuns en hulle oupa het ek al moed opgegee en maak maar droog waar hulle natmaak. Wens hulle was so fluks met die tuinslang buite :angel4:
-
Ek wonder of 'n mens se ego nie verantwoordelik is vir al die moeilikgeite nie. Het net noudiedag raakgelees dat 'n mens liewers op jou ego moet sit.