Die Afrikaanse Forum
		Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on December 20, 2015, 07:30:19 AM
		
			
			- 
				Swartkoppies....
 By die aanhoor van die woord bespring enige tiener onmiddelik die naaste
 ding wat naastenby soos 'n weerkaatsingsinstrument lyk. Net om seker te
 maak hulle selfbeelde word nie namoer geslaan met 'n ongevraagde swart
 kolletjie nie.
 Maar heelaas..... Ek verwys eerder na die bra'se vannie Kaap as ek die
 woord gebruik.
 Hier by ons het die nuwe mode mos nou soos 'n onwelkome swartkoppie sy
 koppie uitgesteek.
 Laat ek eers daar in my tyd begin.
 Kyk, in my tyd het 'n jong man mos nie sy eie persoonlikheid gehad voordat
 daar nie wiele onder sy gat was nie. En as hy eers daai wiele het, dan het
 die sports begin.
 Eers 'n "Eight track tape speler" Dan skaapvel sitplekoortreksels. (As jy
 verder as tien kilometer gery het is jou bene en die res van jou onderstel
 papnat gesweet van die lekker warmte wat jou donker plekkies daar in die
 skaapwol se sagtheid ervaar. Ry bietjie verder en jy dryf rond op die
 sitplek.) Nou kry die kar se "dashboard" en die agterruit 'n "fluffy
 carpet" om by die sitplekke te pas en om te keer dat die pakkie Cavalla
 skaam nie van die "dashboard" afgly nie. Blink wiele en 'n gevleuelde perd
 op die "bonnet". O ja! Moenie die Skuifknippe wat die "bonnet" toehou
 vergeet nie.
 Dit alles is afgerond met 'n golfball op die "gearlever" en 'n plastiek
 lemoen op die "aerial"
 Windgat en stywearm het die selfversierde Kalaharie Ferrarie stadig deur
 die dorp gery vir maksimum aandag. Ruite afgedraai en Ge Korsten wat "Sing
 seeman sing" vir die mense op die sypaadjie "serenade" oor die "Eight
 track". As die uitlaatstelsel ‘n gat in gehad het, soveel beter.
 
 Vanmiddag ry ek weer hier deur die stad se strate.
 Skrik my Cutex van my toonnaels af toe my motor skielik begin "Vibrate".
 Dag die aardsengel het met sy wegraping begin en van my vergeet.
 Die vibrasies word erger en ek hoor 'n ou ritmies in my agterkop praat.
 Die volgende oomblik trek hier 'n motor sonder bestuurder langs my in. So
 wragtag, dink ek, die ou is al saam met die engel en die motor is duidelik
 die oorsprong van die basgolwe.
 Ek kyk weer, en toe ek nou mooi kyk sien ek daar steek 'n swartkoppie uit.
 Dankbaar en verlig dat die engel darem nog nie gekom het nie, beleef ek die
 verskynsel langs my.
 Hang 'n CD aan die truspieeltjie, 'n hand aan die stuurwiel en 'n elmboog
 aan die oop venster. Net die boonste gedeelte van die kop steek uit soos
 die bestuurder op sy derde nekwerwel sit en bestuur.
 Dis nie die eerste keer wat ek iemand so sien bestuur nie. Blykbaar is
 vandag se jongmense te slapgat, ruggraatloos of skaam om ordentlik regop
 agter 'n motor se stuur te sit. Dis so daai tipiese
 drol-in-die-broek-tussen-die-kniee-los-my-uit-ek-beteken-niks sindroom.
 Die robot slaan groen.
 As gevolg van die lê-en-bestuur-posisie is sy voet lekker swaar op die
 petrol en die motor vlieg daar weg met 'n gebrul wat 'n opregte Laeveld
 Leeu na 'n pasgebore katjie laat klink.
 Ek skud maar net my kop soos hy wegry. Die motor se "Chassiss" is "gedrop"
 laat die voor en agter modderskerms die verf op die pad warm vryf. As hy 'n
 papwiel kry op daai "low profiles" gaan hy nie 'n domkrag onder daai motor
 inkry nie.
 Ek die uitlaatpyp waar daai gebrul uitkom herinner my aan die Mislikte
 Paliteit se soe riets pype.
 Soos die motor met sy klank daar voor om die draai verdwyn dink ek: "Aag was
 dit maar so maklik om van die swartkoppies in my lewe ontslae te raak?
 
 
 
- 
				Woordgenot op sy beste     :sign10:
			
- 
				Dankie vir die woordnagereg Naas.  Ek het heerlik gelees en dit geniet.  Jy het die vermoe-e om "foto's" uit die verlede op te diep.  
			
- 
				drol-in-die-broek-tussen-die-kniee-los-my-uit-ek-beteken-niks sindroom
			
- 
				dankie ek het nou lekker hardop gesmile toe ek dit lees
			
- 
				Dit is altyd lekker om so tussen almal se skryfgoed rond te dwaal.  Tel altyd weer iets snaaks op en lief om dit te deel.