Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Anze se plekkie => Topic started by: Anze on December 15, 2015, 02:25:21 PM
-
in die donker
fluister 'n nagstem tastend
sy roete deur dowwe melkwegte
tesame met wegkruipstrale
van die bleekgeel maan
wat op getye se reëlmaat
wals deur firmament
na waar molekules van lig
saamkoek om die Sewe-Susters
om die skaam een uit te soek
haar dan vir Orion
as primadonna te kroon
verskietend spat
‘n wens deur die naglug
wat beminningsdrome
in graniet laat versteen
onder die bekoring
van uitgestrekte duister
van ‘n wonderskone
eens donker nag
se klanklose
simfonie
© Anzé Bezuidenhout
-
Dit is regtig mooi.
-
:love7:
-
pragtig!
-
Soos altyd uitstekend vriendin